Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Nog ‘seksklagte’ kom glo teen Kaapse musikant

Nog aanklagte van seksuele aanranding en verkragting kan by die bestaande aanklagte van onsedelike aanranding, verkragting en seksuele voorbereiding teen ’n internasionaal bekende 48-jarige Kaapse musikant gevoeg word.

Die musikant, wat ook ’n musiekvervaardiger en die direkteur van ’n bekende musiekskool in een van Kaapstad se voorstede is, is Maandag op borgtog van R1 000 vrygelaat. Lede van die Kuilsrivier-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele aanranding het hom verlede Vrydag by sy huis in Soneike, Kuilsrivier, in hegtenis geneem.

Hy het in die landdroshof in Blue Downs op aanklagte van seksuele aanranding en verkragting verskyn.

Bronne met kennis van die ondersoek beweer dat die getroude pa van twee kinders glad nie verbaas gelyk het toe die speurders Vrydag by sy huis opgedaag het nie.

Die klaer in die voorval is ’n 21-jarige man van Kuilsrivier. Die verkragting en seksuele aanranding het glo in 2012 begin toe die klaer 14 jaar oud was. Dit het glo in 2019 gestop toe die klaer 19 jaar oud was.

Volgens bronne het nog klaers na vore gekom. Een van die klaers is glo ’n jong man van die Oos-Kaap. Die meeste van die klaers is jong mans wat glo as jong kinders musiekopleiding in die man se musiekskool ontvang het.

Intussen is ’n virtuele konsert op 1 Augustus waarby die musikant en sy orkes betrokke sou wees, gekanselleer.

Die eerste klaer het ook musiekopleiding by die man, wat as ’n jazz-maestro bekend staan, gekry.

Die man het intussen ook uit sy posisie by ’n Suid-Afrikaanse musiekorganisasie bedank. Hy het glo persoonlike redes vir sy bedanking uit die musiekorganisasie aangevoer.

Intussen is ’n virtuele konsert op 1 Augustus waarby die musikant en sy orkes betrokke sou wees, gekanselleer.

Die organiseerder van die konsert skryf op sy Facebook-blad: “Weens onvoorsiene omstandighede is gesamentlik besluit om die vertoning te kanselleer. Mense wat reeds kaartjies gekoop het, kan by Quicket ’n terugbetaling kry.”

As deel van sy borgtogvoorwaardes mag die man glad ook nie die woonbuurt, Soneike, waar hy al die afgelope 13 jaar woon, besoek nie. Hy mag ook nie die klaer of enige staatsgetuies kontak nie.

Die hof het ook die aansoek van twee mediahuise om foto’s te neem en die eerste hofverskyning te verfilm van die hand gewys. Daar mag ook geen foto’s van die musikant geneem of enigsins gepubliseer word nie. Sy identiteit mag ook nie bekend gemaak word nie. Die identiteit van die klaer mag ook nie bekend gemaak word nie.

Die man het in sy borgtogaansoek aangevoer dat hy as direkteur van die musiekskool slegs sowat R7 000 per maand verdien. Hy het twee tienerkinders wat nog op skool is.

Sy vrou en twee kinders is afhanklik van hom om hulle skool toe en werk toe te neem. Sy vrou kan nie bestuur nie.

Die man, geklee in ’n opgestopte wintersbaadjie, swart broek en met ’n pers vlieskombers in sy hand, het heel gemaklik voorgekom. Hy het aangedui dat hy slegs R1 000 se borgtog kan bekostig. Die staat het aanvanklik borgtog van R5 000 voorgestaan, maar het ná verdere konsultasie ooreengekom dat R1 000 voldoende is. Hy moet hom elke Maandag en Vrydag by die Kuilsrivier-polisiekantoor aanmeld. Die saak is tot 30 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

Meer oor:  Seksuele Aanranding  |  Musikant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.