Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Nuwe VS-regterpresident verwelkom

Die Vrystaatse regbank sal getrou aan sy ampseed bly sodat “geregtigheid geskied, selfs al sou die hemele val”.

Só het die nuwe regterpresident, Cagney Musi, op sy amptelike verwelkoming in die hooggeregshof in Bloemfontein gesê.

Regterpresident Cagney Musi in die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Sedert die aanstelling van dié boorling van Springs in Gauteng in Januarie 2017 as die eerste adjunk-regterpresident van die hooggeregshof in Bloemfontein, het hy gereeld as regterpresident waargeneem.

Regter Musi het ook as regter in die arbeidsappèlhof, grondwethof, kommersiële hof en die hooggeregshof in Lesotho waargeneem.

In sy toespraak Donderdag in die mosiehof het regter Musi gesê hy beloof om die Grondwet te gehoorsaam en beskerm.

“Dit is ons plig om ’n diens aan die gemeenskap te lewer en geregtigheid te laat geskied.”

Hy het gesê instellings, insluitend die regbank, moet voortdurend ontwikkel om hoë standaarde te bereik en te handhaaf.

“Ek sal seker maak dat ons gehalte-regspraak lewer aan diegene wat ons met hul geskille nader.”

Hy het gesê hy word voortdurend verryk deur die hoë standaard werk wat plaaslike regspraktisyns lewer en sal dus nie afskeepwerk in sy howe toelaat nie.

Hy het gesê met die bystand en hulp van regters en regspraktisyns sal hy al sy doelwitte bereik.

Regter Musi het homself verbind om te verseker dat regspraak sonder vrees, begunstiging of vooroordeel sal geskied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.