Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
NVG gryp bakkie wat glo in rasse-voorval gebruik is
Die betoging voor die hof waar Harry Kotze verlede jaar op een aanklag van moord en drie van poging tot moord verskyn het. Foto: Lecrecia Prins

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het op ’n bakkie beslag gelê wat glo as ’n moordwapen gebruik is in ’n beweerde rassisme-voorval in Kathu.

Die bevel is Vrydag in die hooggeregshof in Kimberley toegestaan.

In die saak word Harry Kotze, die eienaar van die bakkie, van moord en drie aanklagte van poging tot moord aangekla.

Een tiener is dood, en sy vriende is ernstig in die voorval in Oktober verlede jaar beseer.

Die beslagleggingseenheid voer aan Kotze se 1994-model Nissan Sani-bakkie is in die uitvoering van misdaad gebruik.

Eshric Molino (19) en sy vriende het op die aand van 13 Oktober 2017 verby ’n huis gestap.

Die mans wat by die huis was, het op hulle gevloek, en hulle het terug gevloek.

Hulle het tot in die veld geloop toe hulle die betrokke bakkie in hul rigting sien aankom.

Die bestuurder in die bakkie het op hulle afgepyl en hulle moes uit die pad spring om nie beseer te word nie. Molino en sy vriend, Elcardo Crew (20), is onder andere beseer.

Die bestuurder in die bakkie het op hulle afgepyl en hulle moes uit die pad spring om nie beseer te word nie.

Molino het huis toe geloop waarna sy pa, Eldridge Benjamin, hom na die hospitaal geneem het. Molino se heup was gebreek.

Benjamin het na Crew gaan soek en hom in die veld sien lê. Die ambulans en polisie is ontbied. Crew is later aan sy beserings in die hospitaal dood.

Die getuies wat saam met Kotze by die huis was, het bevestig hy het die huis met die voertuig verlaat en met sy terugkeer gesê hy het twee “k*****s getrap”.

Die ondersoekbeampte het die voertuig by Kotze se huis ondersoek en het krapmerke, doringtakke en stampplekke daarop gemerk. ’n Voorlig was gebreek. Hy het nog gebreekte soekligte en klampe in Kotze se huis ontdek, en hom in hegtenis geneem.

Eugene Ontong, aanklaer, voer aan Kotze het die bakkie spesifiek gebruik om na Molino en sy vriende te soek en met opset op hulle af te ry. Hy het nie stilgehou nadat hy hulle getref het nie.

Hy het met sy terugkeer na die huis aan sy vriende gesê wat hy gedoen het en die beskadigde soekligte van sy bakkie verwyder.

Meer oor:  Kathu  |  Beslaglegging  |  Nvg  |  Bakkie  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.