Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
NVG laat vaar dalk aanrand-klag teen Spoor
Richard Spoor Foto: Lizeka Tandwa

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) kan moontlik die klag van aanranding teen die menseregteprokureur Richard Spoor laat vaar nadat hy Donderdag in die landdroshof in Mzamba in die Oos-Kaap verskyn het.

’n Klag van aanranding is teen Spoor aanhangig gemaak omdat hy glo in September sy vinger na genl.maj. André Swart gewys het op ’n gemeenskapsvergadering wat op ’n betoging deur die gemeenskap in Xolobeni naby Bizana uitgeloop het.

Dié vergadering is deur Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, gehou.

Spoor verteenwoordig die Xolobeni-inwoners wat gekant is teen mynbedrywighede in ’n afgeleë streek van die Wildekus.

Spoor het Donderdag gesê die saak teen hom is tot 17 Januarie uitgestel vir die provinsiale direkteur van die NVG om te besluit of hy met die vervolging teen hom wil voortgaan.

Vroeër is berig dat Spoor, wat ’n prokureurspraktyk in Mbombela het, op die vergadering in ’n hewige stryery met Mantashe en Swart, polisiekommissaris in die Oos-Kaap, betrokke was. Dit was toe dat Spoor se vinger hom in die moeilikheid gekry het.

Spoor verteenwoordig die Amadiba-krisiskomitee wat sterk gekant is teen die ontginning van sand deur ’n Australiese mynmaatskappy naby die Amadiba-gemeenskap se dorpie Xolobeni in die Oos-Kaap.

Spoor het vroeër ’n afskrif van die klagstaat teen hom op sy Facebook-blad geplaas. Daarvolgens word hy beskuldig van aanranding omdat hy hom “op 23 September 2018 skuldig gemaak het aan die aanranding van Andries Petrus Swart deur onwettig en met opset met sy vinger na hom te wys”. Hy is ook van aanhitsing tot openbare geweld aangekla.

Meer oor:  Nvg  |  Richard Spoor  |  Aanrandingsklag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.