Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
NVG lê beslag op voertuie met kontant, dwelms
Die polisie het vroeër vanjaar op kontant van R2,6 miljoen by die Vioolsdrif-grenspos beslag gelê. Foto: Twitter

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Kaap het Vrydag ’n bevel in die hooggeregshof verkry om op ’n voertuig en kontant van R2,6 miljoen beslag te lê.

Die kontant was op etlike plekke in die voertuig versteek.

Die BMW-voertuig en sy insittendes, Dangyin Chen en Jemim Stanraus, albei van Kaapstad, is op 12 Februarie 2017 by die Vioolsdrif-grenspos deur die polisie voorgekeer.

Die NVG sê die mans het van Namibië na Suid-Afrika gereis toe die polisie hulle voorkeer.

Stanraus het beweer dit is sy broer se voertuig. Die polisie wou hulle nie toelaat om die land binne te kom sonder skriftelike toestemming van die eienaar van die voertuig nie.

Die polisie het die voertuig deurgesoek en pakke geld met altesame N$240 000 ontdek. Die mans het gesê dit is hul brandstofgeld.

Die polisie het die voertuig deurgesoek en pakke geld met altesame N$240 000 ontdek. Die mans het gesê dit is hul brandstofgeld.

Nog geld is in twee paneelkissies, in kantpanele, in die bagasiebak en in die bestuurdersdeur en die konsole tussen die voorste sitplekke gevind.

Die polisie het ook op dokumente afgekom wat bevestig Stanraus besit die voertuig.

Die mans is op ’n aanklag van geldwassery in hegtenis geneem. Hulle is later op borgtog vrygelaat.

*In ’n onverwante saak het die NVG op ’n rooi Audi-voertuig van Bosau Moletsane beslag gelê wat na bewering gebruik is om sowat 44 000 Mandrax-pille en R2 000 in kontant te vervoer.

Die NVG sê die polisie in Colesberg het op 17 Augustus 2017 op ’n wenk gereageer dat daar ’n voertuig met dwelms by ’n plaaslike vulstasie was.

Moletsane het op die agtersitplek van die motor gelê.

Die woonadres wat hy aan die polisie verskaf het, was vals.

Die polisie het sakke met pille onder die luidsprekers in die motor gevind.

Moletsane het gesê sy broer het die voertuig aan hom gegee om teen betaling van Port Elizabeth na Soweto te ry. Daar moes hy ’n “swart man” ontmoet. Die persoon het die motor vir ’n uur geleen, waarna hy dit aan Moletsane terugbesorg het.

Hy was op pad terug na Port Elizabeth toe die polisie hom aankeer.

Moletsane is van die besit van dwelms aangekla.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Kontant  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.