Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
NVG mag bates van Guptas, Sharma bevries

Die hooggeregshof in Bloemfontein het ’n aansoek van die nasionale vervolgingsgesag se ondersoekende direktoraat toegestaan om die bates van Iqbal Sharma, sy maatskappy sowel as ’n Gupta-maatskappy te bevries.

Dit het betrekking op Sharma se Nulane Investments 204 en Islandsite Investments 180, wat aan Atul en Rajesh Gupta en hul vroue, onderskeidelik Chetali en Arti, behoort.

Die hofbevel is van toepassing op bates in Suid-Afrika, en sluit alle eiendom van Islandsite, Sharma en sy vrou, Tarina Patel-Sharma, en die eiendom van sy maatskappye, insluitend twee wat in die Verenigde Arabiese Emirate geregistreer is, in.

Die hof het ’n kurator aangestel wat in beheer van die bates sal wees, hangende die strafregtelike klagte van bedrog en geldwassery wat teen Sharma, Nulane, Islandsite, die vier Guptas en ander in die streekhof in Bloemfontein aangehoor gaan word.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Iqbal Sharma
Iqbal Sharma. Foto: Mlungisi Louw
Meer oor:  Guptas  |  Iqbal Sharma  |  Bloemfontein  |  Bates  |  Gupta-Uitlewering  |  Aansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.