Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
NVG moet sê oor korrupsie tydens pandemie, eis DA

Die DA het adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gevra om dringend terugvoering te gee oor die status en vordering wat sy spesiale Covid-19-teenkorrupsie-eenhede maak.

Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder oor justisie en korrektiewe dienste, sê in ’n verklaring toe pres. Cyril Ramaphosa die nasionale staat van inperking op 23 Maart aangekondig het, het hy die bestaan van dié eenhede aangekondig om dié wat hulle tydens die inperking skuldig maak aan korrupte aktiwiteite te laat boet.

Tot nou toe was daar nog geen vorderingsverslae van die NVG hieroor nie.

Volgens Breytenbach het Ramaphosa toe die versekering gegee dat streng opgetree sal word teen enigiemand wat korrup optree of hulle aan buitensporige winsbejag skuldig maak.

Sy sê die DA is veral bekommerd oor die moontlike korrupsie met die verspreiding van kospakkies. Verskeie voorvalle in dié verband, waarby mense in openbare poste soos stadsraadslede na bewering betrokke is, is al aangemeld.

Die Grondwet bepaal niemand mag inmeng by die werkinge van die staatsdienskommissie nie.

Vrydag moes Senzo Mchunu vinnig vure doodslaan nadat sy departement die vorige dag aan die parlementêre komitee gesê het Ramaphosa en die nasionale Covid-19-bevelsraad beskou die staatsdienskommissie – wat ’n oog moet hou oor moontlike korrupsie in die staatsdiens – nie as ’n noodsaaklike diens nie.

Hy het gesê dit is nié die geval nie en die staatsdienskommissie word wel as ’n noodsaaklike diens beskou.

Die Grondwet bepaal niemand mag inmeng by die werkinge van die staatsdienskommissie nie.

Die organisasie Corruption Watch het vroeër gewaarsku die massiewe hulppakket van R500 miljard wat Ramaphosa onlangs aangekondig het, kan ’n teelaarde vir korrupsie wees.

Die organisasie wil ook hê daar moet groter deursigtigheid oor die verspreiding van hulp en kos aan behoeftiges wees.

Hy sê daar is baie tekens van korrupsie en wanbestuur hiermee.

Die kantoor van Kimi Makwetu, ouditeur-generaal (OG), het by navraag aan Netwerk24 gesê die OG is kragtens wet daarop geregtig om die boeke na te gaan van enige instelling of entiteit wat belastingbetalersgeld van die nasionale tesourie ontvang.

Bulelwa Makeke, woordvoerder van die NVG, het laat Maandagaand gesê die interdepartementele groep belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid, waarvan die NVG en die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke deel is, oorweeg tans om ’n omvattende verklaring te doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.