Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
NVG wil ná beweerde bedrog op Keble-luukses beslag lê
Helen en Patrick KebleFoto: Facebook

Die batebeslagleggingseenheid van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het geen genade betoon toe hy die hof genader het om op die Nelson Mandelabaai-metro se voormalige direkteur van fasiliteitsbestuur en sy vrou se luukse motors, eiendomme en geld in hul bankrekenings beslag te lê nie.

Die eenheid wil op Patrick en Helen Keble se bates beslag lê om die wins te verhaal wat hulle weens beweerde tenderbedrog gemaak het.

Die Kebles, sowel as Helen se twee kinders en nog ’n familielid, het tot 26 November om in die hooggeregshof in Port Elizabeth vertoë te rig oor waarom die bevel om op hul bates beslag te lê nie finaal bekragtig moet word nie.

Keble word saam met Seth Terblanche (sy stiefseun) en Roxane Bowers (sy stiefdogter) in die handelshof in Port Elizabeth van tenderbedrog van R16 miljoen aangekla. Die Valke het die drie in hegtenis geneem.

Die staat beweer dat Keble tussen Februarie 2010 en Junie 2013 met die toekenning van ’n kontrak voorgegee het aan die metro se bodkomitee dat hy niks het om te verklaar wat familie- of sakeondernemings betref nie.

Roxane Bowers en haar broer, Seth Terblanche Foto: Facebook

Dié kontrak was vir ’n tender wat die metro geadverteer het om herstelwerk aan verskeie geboue onder sy bestuur te doen.

Keble het dit na bewering so bewerkstellig dat sy stiefkinders die kontrak kry.

Die staat beweer dat Keble gunste in die vorm van groot bedrae kontant ontvang het van sy stiefkinders en dat R150 000 in die rekening van The Lord our Righteousness Ministry (wat in Helen se naam is) oorgeplaas is.

Die siviele afdeling van die hooggeregshof het ’n bevel in adv. Warren Myburgh se guns bekragtig wat die respondente verbied om hul bates te versteek of daarvan ontslae te raak.

Die aansoek is sonder die Kebles en hul kinders se medewete gebring, omdat die bates van so ’n aard is dat hulle daarvan ontslae kon raak.

Volgens hofdokumente sluit dié lang lys van die egpaar se bates die volgende in:

* twee eiendomme in Parsonsvlei en die meubels daarin, waarvan die gesamentlike waarde meer as R1 miljoen is;

* ’n huis in Blue Horizon Bay ter waarde van R2,4 miljoen;

* ’n meenthuis in die Lavendula-kompleks in Kaapweg ter waarde van R900 000;

* ’n Mercedes-Benz C180;

* ’n Silwer Volvo;

* ’n Wit Golf GTI;

* ’n Wit Toyota Quantum-kombi;

* hul aandeel in vier verskillende ondernemings, naamlik AEO Transport CC, El Shaddai Facilities Management CC, JPK Projects (Pty) Ltd en SJT Electro Mechanical Pumps (Pty) Ltd; en

* die geld in hul bankrekenings.

Die egpaar is binne gemeenskap van goedere getroud.

Ingevolge regter Glenn Goosen se bevel word die goedere soos beddegoed en klere, wat hulle daagliks nodig het, uitgesluit.

Meer oor:  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Bates  |  Beslaglegging  |  Hof  |  Nvg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.