Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
O-Kaapse reisagent in hof weens beweerde bedrog

’n Reisagent van Makhanda in die Oos-Kaap wat glo niksvermoedende kliënte se geld gesteel het, het Woensdag in die hof verskyn nadat die Valke hom vroeër die dag in hegtenis geneem het.

Volgens Lwando Zenzile, die Valke se nasionale woordvoerder, word Clinton Grant Gill (41) van bedrog van meer as R790 000 aangekla.

Volgens Zenzile was Gill voorheen ’n toerisme- en verkoopsagent verantwoordelik vir die verkoop van produkte en pakkette namens Tourvest en Go Travel.

Hy word daarvan aangekla dat hy van November 2016 tot Februarie 2017 R797 338,91 op ’n onwettige wyse in sy eie sak gesteek het.

Volgens Zenzile het Gill met ’n plan vorendag gekom om die kontantpaaiemente van kliënte te buit. Hy het na bewering sake so bewimpel dat kontantpaaiemente nie op die maatskappye se stelsels weerspieël is nie.

Gill het glo nadat kliënte hul reisbesprekings betaal het, vals kwitansies, koopbewyse en reisplanne uitgereik, maar die vliegkaartjies het nooit gerealiseer nie.

In sommige gevalle het kliënte betaal vir retoerkaartjies, maar Gill het glo slegs ’n eenrigtingkaartjie bespreek en die saldo vir homself gehou.

Die beskuldigde is op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hy moet weer op 8 Oktober in die hof verskyn.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Bedrog  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.