Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ogod-hofsaak ’n ‘waterskeiding’ vir geloofsvryheid

Cause for Justice (CFJ),’n organisasie sonder winsbejag wat hom vir menseregte beywer, beskryf die Ogod-hofsaak wat in Mei in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word, as “ ’n waterskeiding vir geloofsvryheid in Suid-Afrika”.

CFJ, wat as vriende van die hof (amicus curiae) toegelaat is, het Dinsdag sy finale hofdokumente ingedien vir dié hofsaak, waarin ses skole weens hul uitsluitlik Christelike godsdiensbeleid voor die hof gedaag word.

Die organisasie voer aan die hof kan slegs inmeng by godsdienstige praktyke of dit beperk as leed aan ander gedoen word.

Volgens die Skolewet (art. 7) mag leerlinge en personeellede aan ’n staatskool geloof beoefen indien die beoefening billik en vrywillig is.

Die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) het die Laerskool Randhart in Alberton, die Laerskool Baanbreker in Boksburg, die Laerskool Garsfontein in Pretoria, die Hoërskool Linden in Johannesburg, die Hoërskool Oudtshoorn en die Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn weens hul uitsluitlik Christelike godsdiensbeleid voor die hof gedaag.

“Die applikant vra die hof as’t ware om ’n bevel te maak wat alle geloofsbeoefening in hierdie ses skole verwyder en verban,” sê CFJ.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het verlede week gesê dié hofsaak teen ses skole oor godsdiens op skoolvlak kan “as ’n fanatiese aanslag vanuit die ateïstiese sektor op die Christendom” bestempel word.

CFJ is ten gunste van ’n stelsel wat uiteenlopende geloofspraktyke en -sieninge verwelkom en is teen ’n stelsel wat verskillende oortuigings in ’n skool ontken.

Die goue draad wat deur die internasionale reg loop, is dat voorsiening gemaak word vir godsdiensonderrig, solank daar ’n alternatief is vir leerlinge wat ’n beswaar het daarteen.

Volgens die Skolewet (art. 7) mag leerlinge en personeellede aan ’n staatskool geloof beoefen indien die beoefening billik en vrywillig is.

CFJ het ook internasionale reg in sy voorleggings oorweeg. “Dit is grondwetlik vanpas om ’n posisie van staatsneutraliteit teenoor geloof in te neem wat soortgelyk is aan die situasie in België en Nederland, waar die staat alle gelowe mag ondersteun.

“Die goue draad wat deur die internasionale reg loop, is dat voorsiening gemaak word vir godsdiensonderrig, solank daar ’n alternatief is vir leerlinge wat ’n beswaar het daarteen.”

Volgens CFJ tree die skoolbeheerliggame in die belang van die breër gemeenskappe op en kan daarom ’n godsdiensbeleid en ’n etos bepaal. “Dit sal onvanpas wees vir die hof om in te meng by hul beleidsbesluite in die afwesigheid van ’n duidelike basis vir inmenging.”

CFJ sê die organisasie aanvaar dit is nie ’n maklike taak om geloof in skole toe te laat op ’n wyse wat verseker dat almal gerespekteer word nie.

“Maar die antwoord is nie om geloof eenkant toe te gooi nie. Godsdienstige en niegodsdienstige oortuigings speel ’n verrykende rol binne die skoolomgewing.”

CFJ se hoofargumente oor geloofsuitdrukking en -onderrig in skole is soos volg:

* Dit is grondwetlik gegrond;

* Dit is wesenlik tot ’n kind se menswaardigheid;

* Leerlinge is meer verdraagsaam en divers as hulle daaraan blootgestel word; en

* Dit berei leerlinge voor vir vreedsame interaksie met medeburgers met verskillende geloofsoortuigings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.