Past. Timothy Omotoso en sy medebeskuldigdes wag nog om te hoor of die appèlhof hul aansoek om verlof tot appèl gaan toestaan teen regter Irma Schoeman se beslissing dat hul verhoor in Port Elizabeth gehou mag word.

Pastoor Timothy OmotosoFoto: Argief
Omotoso (60), Zukiswa Sitho (36), en Lusanda Sulani (26) word daarvan aangekla dat hulle jong meisies van oor die land heen vir seksuele voorbereiding gewerf het. Hulle word onder meer van rampokkery, seksuele aanranding en mensehandel aangekla.
Daar was Maandag oudergewoonte weer ’n skare mense wat die beskuldigdes by die hof kom ondersteun het.
Lede van die ANC-vroueliga het ook die hofsaak bygewoon ter ondersteuning van die slagoffers.
Adv. Nceba Ntelwa, staatsaanklaer, het met die aanvang van die saak Schoeman meegedeel dat hulle nog op die appèlhof se besluit wag.
Die verdediging het die appèlhof genader nadat Schoeman op ’n vorige hofverskyning bevind het die hooggeregshof in Port Elizabeth het wel jurisdiksie om al 97 aanklagte teen die beskuldigdes aan te hoor.
Die saak is tot 21 Oktober uitgestel.
Omotoso bly in aanhouding. Sitho en Sulani se borgtog is verleng.