Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ondersoek na Life Esidimeni uitgestel

Die geregtelike ondersoek na die sogenaamde Life Esidimeni-tragedie moes Woensdag uitgestel word nadat dit aan die lig gekom het dat staatsamptenare nie wettig verteenwoordig word nie.

Regter Mmonoa Teffo, wat die ondersoek lei, het verrigtinge tot Vrydag uitgestel.

’n Merkbaar geïrriteerde Teffo het gesê dat sy die amptenare twee dae tyd sou gee om hul sake af te handel om verdere vertraging in die ondersoek te vermy.

Altesaam 144 psigiatriese en verstandelik gestremde staatspasiënte is dood toe die departement van gesondheid in Gauteng hulle van Life Esidimeni-geriewe na swak toegeruste niereregeringsorganisasies (NRO’s) verskuif het. Hulle is dood weens dehidrasie, verhongering en verwaarlosing. Die geregtelike ondersoek moet bepaal of iemand strafregtelik aanspreeklik gehou kan word vir die dood van die pasiënte.

Adv. Lawrence Hodes het vroeër die week gesê dat Qedani Mahlangu, destydse LUR vir gesondheid in die provinsie, nie aanspreeklikheid vir die besluit vir die verskuiwing van die pasiënte kon aanvaar nie omdat die besluit deur David Makhura, premier van Gauteng, geneem is.

Mahlangu het in September 2016 vir die eerste keer bekend gemaak dat verskeie van die oorgeplaaste pasiënte dood is.

Adv. Adila Hassim, wat die oorledenes se gesinne verteenwoordig, het aangevoer dat amptenare voor die verskuiwing oor die risiko daarvan gewaarsku is, maar nogtans besluit het om dit te ignoreer.

Dr. Morgan Mkhatshwa, voormalige besturende direkteur van Life Esidimeni, het getuig die hospitaalgroep het die departement by verskeie geleenthede gewaarsku dat die verskuiwing van die pasiënte na NRO’s ’n doodsvonnis kan wees.

Die ondersoek word virtueel gehou in die hooggeregshof in Pretoria.

Meer oor:  Life Esidimeni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.