Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ondersoek na Siemens-moord voltooi

Die polisie se ondersoek na die opspraakwekkende sluipmoord op Louis Siemens in Bloemfontein is voltooi.

Sodra die aansoeke om borgtog van die agt beskuldigdes afgehandel is, sal ’n datum vir hul verhoor in die hooggeregshof in Bloemfontein bepaal word.

Louis Siemens, sakeman van Bloemfontein, is in Mei 2018 in die parkeerterrein van die Prellerplein-winkelsentrum doodgeskiet. Foto: Argief

Stanley Bakili, die vermeende baasbrein, konst. Kagisho Ishael Chabane, ’n hofordonnans in die landdroshof in Bloemfontein, konst. Molebatsi John Mogoera, ’n speurder van die Bayswater-polisiekantoor, kapt. Moeketsi Lesia, die speurtakbevelvoerder van die polisiekantoor in Bayswater, Karabo Tau, ’n gewese advokaat, Sizwe Mpati, ’n IT-tegnikus, Mojalefa Jali Molusi, een van die vermeende huurmoordenaars, en Clive Tshivenga, ’n weermaglid, moet vroeg in April vir die eerste keer almal langs mekaar in die beskuldigdebank van die landdroshof in Bloemfontein staan.

Die staat beweer almal is op ’n manier verbind met die skietdood van Siemens (52), besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in die Prellerplein-sentrum in

Bloemfontein, in Mei verlede jaar in die kelderverdieping van dié sentrum.

Johan de Vries het namens die staat Dinsdag voor landdros Vuyelwa Mahamba in die aansoeke om borgtog van Tau en Mpati gesê die polisieondersoek is voltooi en die staat is byna gereed om met die verhoor te begin.

Al wat nog afgehandel moet word, is die aansoeke om borgtog van dié twee en Tshivenga sodat die moordverhoor op 11 April na die hooggeregshof in Bloemfontein oorgeplaas kan word.

Tshivenga se borgtogaansoek word later dié week voortgesit, terwyl Tau en Mpati se aansoeke einde van die maand voortgaan.

* Bakili, Chabane en Mogoera se aansoek om borgtog het vroeër misluk. Lesia is reeds op borgtog vrygelaat.

Meer oor:  Stanley Bakili  |  Louis Siemens  |  Karabo Tau  |  Bloemfontein  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.