Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ondersteuners, media by hof in Durban weggejaag

Almal – ondersteuners en die media – is van die hofterrein weggejaag nadat Zandile Gumede, eThekwini se burgemeester, in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Durban verskyn en ’n gestamp en gestoot ontstaan het.

Gumede se ondersteuners het haar probeer beskerm teen fotograwe deur handsakke en baadjies in die lug te hou. Joernaliste is ook met geweld gedreig en fisiek van Gumede weggehou.

Zandile Gumede. Foto: Jabulani Langa

Sy het Dinsdag op ’n string aanklagte wat alles met korrupsie te make het, verskyn en is op borgtog van R50 000 vrygelaat. Die aanklagte sluit geldwassery en rampokkery in.

Sy word daarvan aangekla dat sy haar politieke mag misbruik het om ’n kontrak met Durban Solid Waste (DSW) te beïnvloed. Dit is sonder ’n perk vir onwettige storting, terwyl daar voorheen ’n perk van R5 miljoen was.

’n Ander amptenaar het glo gereël dat vier diensverskaffers die kontrak vir vullisverwydering vir drie maande kry teen R45 miljoen met ’n onbeperkte begroting vir onwettige storting.

Gumede en Mondli Mthembu, adjunk-streeksekretaris van die ANC, word daarvan beskuldig dat hulle verskeie wetlike prosesse gemanipuleer het om seker te maak dat die vier diensverskaffers die tenderstelsel kon verdraai.

Die “art. 36-klousule” in die munisipale wet is glo misbruik om die kontrakteurs “in ’n noodsituasie” aan te stel.

Gumede is onder streng borgtogvoorwaardes vrygelaat. “Weens intimidasie en dreigemente moes ondersoeke gouer gedoen word. Hierdie borgtogvoorwaardes is streng en as jy dit direk of indirek oortree, sal jy terug wees in die hof,” het landdros Dawn Somaroo aan Gumede gesê.

“As daar bevind word jy het die voorwaardes oortree, sal jy in aanhouding bly vir die duur van die saak.”

Die ANC in die eThekwini-streek sê hy het vertroue in die regstelsel en hoop dat die saak “met die respek en integriteit wat dit verdien” hanteer sal word.

Meer oor:  Zandile Gumede  |  Ethekwini
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.