Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Onderwyser gevonnis wat skoolkind seksueel aanrand

’n Onderwyser van ’n laerskool in Kuruman in die Noord-Kaap is Woensdag in die streekhof hier tot ses jaar tronkstraf vir seksuele aanranding gevonnis.

Lt.kol. Dimikatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê Alan Charles Reed (58) is Dinsdag op aanklag van die seksuele aanranding van ’n 12-jarige leerling skuldig bevind.

Die voorval het op 15 Februarie 2015 in ’n klaskamer gebeur toe die meisie vir hulp na Reed toe gegaan het omdat hy haar onderwyser was.

Reed het sy arm om die meisie gesit, haar gesoen en sy hand in haar onderklere gedruk. Die meisie het begin huil en weggehardloop en ’n ander onderwyser van die voorval vertel.

Die voorval is op 20 Februarie 2015 by die polisie in Kuruman aangegee en Reed is drie dae later in hegtenis geneem.

Hoewel die staat borgtog teengestaan het, is dit wel aan hom toegestaan.

Reed is Woensdag tot ses jaar tronkstraf gevonnis waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is.

Mooi sê Reed is ongeskik verklaar om ’n wapen te besit en sy naam sal op die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring word.

Brig. Nicky Mills, provinsiale bevelvoerder van die polisie in die Noord-Kaap se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS), het kapt. Caren Nel, die ondersoekbeampte, vir haar toewyding en harde werk bedank wat tot Reed se skuldigbevinding en vonnisoplegging gelei het.

Meer oor:  Kuruman  |  Hof  |  Onderwyser  |  Laerskool  |  Vonnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.