Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Onderwyser wat kind glo verkrag weer November in die hof

’n Leerlingonderwyser van Orania moet weer op 28 November in die hof op Hopetown verskyn op aanklag dat hy ’n minderjarige meisie na bewering verkrag het.

Hy het Maandag weer vlugtig in die hof verskyn nadat hy in September op borgtog van R5 000 vrygelaat is.

Carel Boshoff, voorsitter van die Volkskool Orania waar die man skoolgehou het se direksie, het vroeër gesê die verdagte is ná ’n polisieondersoek in hegtenis geneem. Hy is onder streng voorwaardes op borgtog vrygelaat.

Die saak gaan glo na ’n hoër hof oorgeplaas word.

Die verdagte was tydens die polisie se besoek uitstedig, maar het na Orania teruggekeer.

“Anje Boshoff, die skoolhoof, het op 16 September bewus geword van die polisie se kinderbeskermingsdienste se ondersoek nadat klagte van kindermolestering by hulle ingedien is.

“Die ondersoek hou nie met enige van die skool se bedrywighede tydens skoolure of georganiseerde skoolbedrywighede nauurs verband nie.

“Die verdagte was tydens die polisie se besoek uitstedig, maar het na Orania teruggekeer. Die hoof het onverwyld met die bestuurskomitee en voorsitter van die direksie vergader. Hulle het besluit dat die verdagte nie naby die skoolterrein mag kom of enige kontak met enige leerling mag hê nie.

“Die direksie bevestig dat enigiemand regtens die wet onskuldig is totdat hy of sy skuldig bevind is. Die skool moet egter enige verbandhoudende risiko’s vermy.”

Meer oor:  Carel Boshoff  |  Orania  |  Kindermolestering  |  Onderwyser  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.