Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Onderwyseres glo ure lank gemartel voor sy sterf
Allison Plaatjies (26) en haar kêrel, Philip April (24) Foto: Facebook/Plaatjies

Grusame besonderhede van die moord op die jong onderwyseres Allison Plaatjies (26), het Woensdag in Clanwilliam in die Wes-Kaap aan die lig gekom.

Bronne vertroud met die ondersoek sê haar vermeende moordenaar, Philip April (24), het haar gesig en lyf met twee verskillende messe geskend Volgens die bronne het hy na bewering een van die messe herhaaldelik in haar bors gesteek.

Hy het so hard gesteek dat die hef van die een mes afgebreek het.

Die lem is in haar bors gevind. April het Woensdag in die landdroshof in Clanwilliam verskyn, waar hy aanvanklik om borgtog aansoek wou doen. Hy het dit egter laat vaar. 

Haar lyk is op Sondag 27 Oktober kort ná 19:00 in die tuinwoonstel wat sy op Clanwilliam gehuur het, gevind deur mense wat na haar gaan soek het. Volgens die bronne het April haar ook herhaaldelik in die gesig gebyt.

Sy tandmerke was tydens die lykskouing nog duidelik sigbaar op haar gesig. Plaatjies is Saterdag in haar geboortedorp, Swellendam, begrawe. Begrafnisgangers het ná die begrafnis gesê haar kis is nie vir besigtiging oopgemaak nie.

Volgens die bronne kan dit wees omdat daar ’n diep sny onder haar onderlip was. Plaatjies se keel is glo ook afgesny.

Die bronne sê die beentjies voor by haar keel het uitgesteek. Plaatjies en April het mekaar sowat drie jaar gelede op die Mowbray-kampus van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) ontmoet.

Allison Plaatjies se ma, Yvonne, Woensdag buite die hof. Foto: Maygene de Wee

Albei was toeonderwysstudente. Sy het in Januarie vanjaar by die Sederberg Primary School in Clanwilliam begin skoolhou. Hulle het egter kort voor haar dood uitgemaak.  April het Woensdag in ’n volgepakte hofsaal in die landdroshof in Clanwilliam verskyn. Hy het ’n blou oog gehad. 

Plaatjies se ma, Yvonne, haar tannie Liezel en ’n familievriend het ook die hofverrigtinge bygewoon.

Yvonne en Liezel het albei T-hemde met Plaatjies se gesig en haar geboorte- en sterfdatum daarop aangehad.Yvonne het gesê sy is nog nie gereed om met die media te praat nie. 

Familielede van April het hul plek aan die een kant van die hofsaal ingeneem. ’n Vrou in ’n denimhemp het die hof ingekom, haar pad na die voorste hofbank oopgedwing en aan hofgangers wat nie vir haar plek wou maak nie, gesê: “Maak plek, ek moet in, ek is ’n April, maak plek.”

Die vrou en ander hofgangers wat April ondersteun het, het ook twee vroulike joernaliste gedreig dat hulle hul selfone sal afvat en hulle sal slaan. 

“Dié is nie die Kaap nie,” het een man aan een van die joernaliste gesê.April is die Sondag waarop Plaatjies se lyk in haar tuinwoonstel in Katjiepieringstraat, Clanwilliam, gevind is, in Citrusdal weens dronkbestuur in hegtenis geneem.

Lede van die gemeenskap betoog buite die hof. Foto: Maygene de Wee

Hy was in Plaatjies se motor. Hy is die Maandag weens haar moord in hegtenis geneem en het die Woensdag op aanklag van moord met voorbedagte rade, motordiefstal en regsverydeling verskyn. Sy saak is toe tot Woensdag 13 November uitgestel.

Die staatsaanklaer het gevra dat die saak tot 5 Februarie 2020 uitgestel word sodat die ondersoek afgehandel kan word.

Die dossier is na die kantoor van die direktoraat van openbare vervolging in die Wes-Kaap gestuur vir ’n besluit of die saak in die streekhof of in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor moet word. 

Buite die landdroshof het ’n groepie vroue en ’n man plakkate omhoog gehou waarin geweld teen vroue en kinders veroordeel is.

Hulle het al die pad uit Kaapstad gereis om die hofverrigtinge by te woon. April bly tot sy volgende verskyning in aanhouding.

Philip April Woensdag in die hof met sy hande oor sy gesig. Foto: Maygene de Wee

Meer oor:  Allison Plaatjies  |  Philip April  |  Moord  |  Onderwyseres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.