Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Onderwyshoof, nog 10 aan bedrog skuldig

’n Voormalige onderwyshoof in die Vrystaat, ’n bekende prokureur van Bloemfontein en nege ander Vrystaters is in die hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind aan tenderbedrog van miljoene rande met leermateriaal vir skole in die provinsie.

Tebogo Lioma, voormalige onderwyshoof van die Vrystaat, Nelson Majola, ’n prokureur van Bloemfontein, Sekese Motaung, ’n senior administratiewe amptenaar van die onderwysdepartement, James Majola, Nelson se broer, Malehana Lesetla, Nteboheng Lesetla, Tomo Teatsane, Meneer Teatsane, Isaac Soee, Virginia Moseia en Maria Letsela is Woensdag op altesaam 70 aanklagte van tenderbedrog en geldwassery skuldig bevind.

Nie almal is op dieselfde aanklagte skuldig bevind nie.

Regter Faan Hancke het Motseke Mphuti en Gertrude Ramaema op al die aanklagte vrygespreek.

Regter Hancke het in sy uitspraak al 13 beskuldigdes op alle aanklagte van korrupsie en rampokkery vrygespreek.

Foto ter illustrasie.Foto: ALZANE NARRAIN

Die bedrogklagte spruit uit gebeure tussen Desember 2001 en Maart 2004 toe tenders van altesaam R30 miljoen aan 37 aansoekers toegeken is om vir drie jaar leermateriaal na skole in die provinsie te versprei.

Regter Hancke het bevind dat van die beskuldigdes die tenderproses gemanipuleer het.

Hy het ook bevind van die beskuldigdes het hul magsposisie misbruik en ander het nie hul familieverbintenis met of belange by mense in die onderwysdepartement verklaar nie.

Twee van hulle, Charlie Lekitlene en Teboho Motajane, wat ook aangekla is, is intussen dood.

Adv. Johan Swanepoel van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid kla aan.

Advv. Johann Nel SC, Tom Langenhoven, Hendrik Potgieter en Motsomi Litheko, ’n prokureur, tree vir die beskuldigdes op.

Dr. Brand Claassen staan regter Hancke as assessor by.

Meer oor:  Bedrog  |  Tenderbedrog  |  Misdaad  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.