Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Oneerlike’ Miguel-verdagte bly in aanhouding

“Dit is nie geregtigheid nie. Ek wil my pa sien,” het Mohammed Ebrahim, wat van die moord op Miguel Louw (9) van Durban aangekla word, in die landdroshof hier uitgeroep toe hy in polisieaanhouding geneem is.

Ebrahim se uitbarsting het gevolg op landdros Sifiso Luthuli se besluit dat die saak tot 31 Januarie uitgestel word vir verdere polisieondersoek en dat borgtog nie toegestaan word nie.

Miguel LouwFoto: FACEBOOK

Dit spruit uit ’n voorval op 17 Julie toe Miguel in Sydenham verdwyn het. Beeldmateriaal van ’n CCTV-kamera wys hoe Ebrahim en Miguel ’n plaaslike KFC verlaat. Miguel se lyk is op 3 September ’n hanetree van die huis gevind waar Ebrahim gewoon het.

Ebrahim was woedend toe Luthuli sy besluit bekend maak en het opgestaan en gesê die polisie moes die ondersoek afgehandel het.

Die landdros het hom beveel om stil te bly. “Dit is ’n hof. Jy kan nie jouself op dié wyse uitdruk nie. As jy probleme het, moet jy met jou prokureur praat.”

Mohammed Ebrahim vroeër in die landdroshof in Durban.Foto: Tania Broughton, News24

Luthuli het benadruk dat Ebrahim aanvallend was en nie wou saamwerk tydens sy borgtogaansoek nie.

“Ebrahim was ’n swak getuie. Hy was skoorsoekerig en ontwykend. Sy houding was dat hy net aan die hof bekend maak waaroor hy gevra word.”

Hy het bygevoeg dat Ebrahim nie eerlik was oor die feit dat hy op 17 Julie saam met die seun was nie.

“Hy het nie die seun se ma of die polisie vertel dat hy die kind ná skool ontmoet het nie. Hy was oneerlik. Hy het dit slegs erken nadat die polisie die beeldmateriaal vir hom gewys het.”

Volgens Luthuli is Ebrahim ’n vlugrisiko.

“As borgtog toegestaan word, sal hy probeer om sy hofverskyning te ontduik. Ek sê dit omdat hy in ’n houthuisie by sy ouers bly. Hy het minimale bates en het nie al die tyd daar gebly nie.”

Luthuli sê Ebrahim het ook probeer om Louw se ma te spreek toe hy voorheen op borgtog vrygelaat is.

“Dit beteken daar is ’n waarskynlikheid dat die beskuldigde sal probeer om die getuies te beïnvloed of te intimideer en bewysstukke weg te steek.” - News2

Meer oor:  Miguel Louw  |  Moord  |  Uitgestel  |  Saak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.