Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Onnie kry korrektiewe toesig oor seksuele voorbereiding

’n Onderwyser wat aangekla is van die seksuele voorbereiding van ’n kind is Vrydag in die streekhof in Thembalethu in George in die Suid-Kaap tot een jaar korrektiewe toesig gevonnis, asook drie jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is.

Hendrik Fourie (47) se naam is ook in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem. Hy het skuld beken. Hy is op 24 Augustus 2017 in hegtenis geneem nadat ’n seun, toe 16 jaar, by sy ouers oor Fourie se gedrag gekla het.

Die seun het aangevoer dat Fourie reeds sedert 2014 seksuele voorstelle aan hom gemaak het.

Dit is in Junie 2017 by die polisie aangemeld. Lede van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het ondersoek ingestel. Fourie is in hegtenis geneem nadat sy huis deursoek is. Die polisie het op elektroniese toerusting soos skootrekenaars beslag gelê. Hy is vroeër op borgtog van R2 000 vrygelaat en onder huisarres geplaas.

Fourie is Vrydag in die streekhof in Thembalethu deur streeklanddros Eugenia Jacobs gevonnis.

Fourie mag ook nie weer met kinders werk nie.

Die kinderregte-groep Women and Men Against Child Abuse (WMACA) het sy teleurstelling oor Fourie, ’n rugby-afrigter, se vonnis uitgespreek.

WMACA sê in ’n verklaring hy voel dat die howe strenger moet optree in sake waar kinders en seksuele aanranding ter sprake is. Strenger strawwe behoort opgelê te word. Dit sal ’n sterk boodskap uitstuur dat sulke gedrag nie geduld sal word nie en dat oortreders swaar gestraf sal word. Die slagoffers moet ook saamleef met die misdaad wat gepleeg is.

Volgens WMACA is hy egter bly dat Fourie nie weer met kinders mag werk nie en dat sy naam in die register vir seksoortreders opgeteken sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.