Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Onnie kry R2,6 m. van POF

Die Padongelukkefonds (POF) moet meer as R2,6 miljoen aan ’n onderwyseres van Bloemfontein betaal nadat sy ernstige beserings opgedoen het toe sy raakgery is.

Kenalemang Ella Moetlo (35) het kop-, rug- hand- en beenbeserings opgedoen toe sy op 17 Januarie 2013 in Bloemfontein gestap het en ’n voertuig haar teen ’n hoë spoed getref het.

Regter Bosile Lefenya het in die hooggeregshof in Bloemfontein beslis dat benewens die R2 miljoen wat die POF haar weens verlies aan inkomste moet betaal, moet die fonds ook al haar toekomstige hospitaalkoste voortspruitend uit die ongeluk betaal.

Die POF moet ook R650 000 vir algemene skade betaal.

Moetlo sê in haar eis voor die ongeluk het sy gr. 11- en gr. 12-leerlinge in wetenskap en wiskunde onderrig.

Ná die ongeluk het sy laerskoolleerlinge begin onderrig omdat sy nie meer met die hoërskool se werkdruk kon byhou nie.

Weens voortdurende pyn, geheueverlies en ’n gebrek aan konsentrasie het sy nie meer selfvertroue nie.

Sy sukkel om te loop en kan ook nie lank sit of staan nie.

Haar kopbeserings het veroorsaak dat sy nou ook ’n verhoogde risiko het om epilepsie te ontwikkel.

Volgens kundiges sal sy weens al die probleme waarmee die ongeluk haar gelaat het, net tot die ouderdom van 45 jaar kan werk.

Adv. Marthinus Steenkamp het in opdrag van Honey-prokureurs vir Moetlo opgetree.

Adv. Henco de la Rey het in opdrag van Maduba-prokureurs vir die POF opgetree.

Meer oor:  Padongelukkefonds  |  Bloemfontein  |  Onderwyseres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.