Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Onnie smeek glo meisie (13) om klagte terug te trek

’n Getroude laerskoolonderwyser van Bloemfontein wat glo ’n seksuele verhouding met ’n 13-jarige meisie aangeknoop het, het haar glo gesmeek om die seksuele aanklagte teen hom te laat vaar.

Romeo Bhoodoo. Foto: Mlungisi Louw

Die gr. 7-leerling se ma het Vrydag in die streekhof in Bloemfontein getuig dat Romeo Bhoodoo (57), ’n onderwyser aan ’n laerskool in Heidedal, haar dogter verlede Vrydag ná skool voorgekeer, “op sy knieë neergesak en haar gesmeek het om die aanklagte terug te trek”.

Die volgende dag het Bhoodoo stadig verby hul huis gery, maar toe met ’n spoed weggejaag toe hy haar man buite gesien staan het, het sy voor streeklanddros Puseletso Mphomane getuig.

Bhoodoo ontken skuld op aanklagte van verkragting, statutêre verkragting en seksuele aanranding.

Die staat beweerde die seksdade het in Maart vanjaar plaasgevind.

In kruisondervraging deur adv. Kenny Pretorius, namens Bhoodoo, het die vrou getuig die beweerde seksdade het aan die lig gekom toe sy deur haar dogter se skoolboeke gegaan en op briewe afgekom het.

Sy sê in een van die briewe het haar dogter geskryf dat Bhoodoo haar geslagsdeel seergemaak het.

Dae nadat hulle die voorval by die polisie aangemeld het, het haar dogter vir haar vertel dat Bhoodoo haar na ’n huis naby Mimosa Mall in Bloemfontein geneem het. Daar was net ’n bed in die huis en dit is waar hy seksuele omgang met haar kind gehad het, het die vrou gesê.

Sy het gesê haar dogter het haar ook vertel dat ’n ander voorval op die skoolterrein plaasgevind het.

Pretorius het dit aan die vrou gestel dat dit enigiets kan beteken. “Jou dogter lieg oor alles. Sy fantaseer oor Bhoodoo.”

Ma: “Ek glo my kind. ’n Kind kan nie haarself verkrag of seksueel aanrand nie.”

Adv. Tholoana Sekhonyana kla aan.

Die verhoor is tot volgende maand uitgestel.

Meer oor:  Onderwyser  |  Heidedal  |  Bloemfontein  |  Verkragting  |  Seksuele Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.