Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Afspraakmoorde: Onnies was téén Satan

Die twee onderwyseresse, Melani van der Merwe (52) en Marinda Steyn (50), se vriendskap was geskoei op hul passie vir die stryd teen die bose. Maar die dag toe ’n satanis deel word van hul geloofsgroepie, het die kwaad die oorhand gekry.

Melani van der Merwe (52) praat oor haar jare lange vriendskap met Marinda Steyn wat tot 115 jaar tronkstraf gevonnis is vir haar aandeel in die vier jaar lange moordtog. Foto: Willem de Lange

Eintlik, sê Melani, wat die afgelope week in die hooggeregshof in Johannesburg getuig het in die verhoor oor die moordtog waarby Marinda later betrokke geraak het, is dit asof sy Marinda tóé al aan die dood afgestaan het.

Cecilia Steyn (37) wou hê Marinda en Melani se groepie, Overcomers Through Christ, moes haar van satanisme bevry. Hulle was immers opgelei in geestelike oorlogvoering.

Maar gou het sy haarself die middelpunt van alles gemaak, het Melani die afgelope week vertel nadat sy haar getuienis afgehandel het.

“Die bediening het uiteindelik net oor Cecilia gegaan.”

Sy het verslons voorgekom, kru taal gebruik en haar liggaam met tatoeëermerke bedek.

Sy het die groeplede oortuig sy het bomenslike kragte, dat haar siel haar liggaam kan verlaat en dat sy deur middel van astrale projeksie kan reis, dat sy ’n derde oog het, mense se gedagtes kan lees en dat sy verskeie persoonlikhede kan aanneem. Melani was skepties, maar die ander het Cecilia se stories soos soetkoek opgeëet, sê sy.

“Ek glo al hierdie bomenslike kragte is moontlik, maar ek kan nie met sekerheid sê hoeveel daarvan waar is wat Cecilia betref nie. Ek dink die stories het Marinda betower, asof dit magic in die flieks was,” sê Melani.

Marinda het haar kinders, Le Roux en Marcel, wat toe nog op laerskool was, begin afskeep. Sy het hulle gedurig by Melani kom aflaai sodat sy nagte lank vir Cecilia kon gaan beskerm wanneer sy glo deur demone aangeval is.

Toe Melani en Marinda mekaar in 2004 leer ken het terwyl hulle albei by die Hoërskool Die Adelaar in Krugersdorp skoolgehou het, was Marinda ’n sprankelende en innemende Christenvrou, maar ná Cecilia se koms het sy handomkeer verander, vertel Melani.

“Sy het verslons voorgekom, kru taal gebruik en haar liggaam met tatoeëermerke bedek. Sy was geheimsinnig, agterdogtig en liggeraak,” vertel Melani.

Die Krugersidorp-afspraakmoorde

En toe sy vir Marinda sê sy twyfel of Cecilia opreg is, het Marinda hul vriendskap beëindig. “Sy het gesê sy sou fisiek seerkry as sy steeds met my vriende is.”

Die gruverhaal van wat daarna gevolg het, ontvou deur getuienis in Cecilia se moordverhoor.

11 mense is oor ’n tydperk van vier jaar vermoor, alles na bewering onder aanvoering van Cecilia, wat as die meesterbrein bestempel word.

Marinda, Le Roux (nou 22) en John Barnard het reeds skuld beken en dien nou tronkstraf uit. Marinda se dogter, Marcel (18), en Zak Valentine ontken skuld en word nou saam met Cecilia verhoor.

Melani sê sy het besluit om die afgelope week teen Cecilia te getuig ter wille van haar eertydse vriendin.

“Baie mense wou uit vrees nie gaan getuig nie, maar ek is nie bang nie omdat ek glo dat God my beskerm,” sê sy.

“Ek glo Cecilia het Marinda en haar kinders gemanipuleer en gedreig om goed te doen wat nie in hul aard is nie.”

Sy bly vir ’n oomblik stil. Dan loop die trane.

“Die groot vraag wat die heeltyd by my opkom, is hoe anders Marinda en haar twee kinders se lewe sou gewees het as Cecilia nie by hulle betrokke geraak het nie.”

* Lees in Stemme oor die tyd toe “Satan-paniek” Suid-Afrika in sy greep gehad het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.