Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Ons moet verenig teen bedreiging van leuens’

Oudpres. Jacob Zuma se regspan het bevestig hulle gaan appelleer teen die Derek Hanekom-uitspraak Vrydag in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof.

Derek Hanekom. Foto: Lucky Morajane

Zuma se regspan het bevestig hulle het ’n kennisgewing ingedien waarin Zuma dit op rekord plaas dat hy teen die uitspraak gaan appelleer.

Die hof het bevind dat die voormalige president se verklaring oor Hanekom, ’n ANC-veteraan, lasterlik en onwaar is.

Regter Dhaya Pillay het verklaar dat Zuma se publikasie van die Twitter-plasing waarin Hanekom as ’n “bekende vyandelike agent” beskryf word, onregmatig is en hom beveel om die woorde te verwyder en ’n verskoning op sy Twitter-rekening te publiseer.

Hanekom het gevra dat Zuma skadevergoeding van R500 000 moet betaal, maar die hof sal later bepaal wat die skadevergoeding moet wees.

“Ek is bly regter Pillay het beslis dat die voormalige president se verklaring lasterlik en onwaar is, en dat die uitdrukking ‘bekende vyandelike agent’ in die konteks waarin dit gebruik is, ‘apartheidspioen’ sou impliseer,” het Hanekom kort ná die uitspraak in ’n verklaring gesê.

Hy het gesê dit was oneerlik van Zuma se regspan om aan te voer dat ’n ontmoeting met die EFF-sekretaris-generaal, Godrich Gardee, op sy versoek die optrede van ’n “vyandelike agent” was.

“Dit is nie ongewoon nie dat lede van politieke partye in die parlement met mekaar vergader. Inderwaarheid het die voormalige president self in die verkiesingsveldtog saam met die leierskap van die BLF vergader en het hy diegene wat vergader het, aangeraai om vir die president van die BLF te stem aangesien hy glo ’n goeie LP sou wees,” het Hanekom gesê.

Volgens Hanekom is die argument dat ’n vergadering met Gardee ’n skending van die ANC-grondwet is, “vlieg in die aangesig van die beslissing van die konstitusionele hof op 22 Junie 2017”. Dit lui: “Van lede word verwag om getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet en wette te beloof of te bevestig”.

“Nêrens bepaal die oppergesag dat hulle getrouheid aan hul politieke partye moet beloof nie, hoewel hulle belangrike spelers in ons grondwetlike bestel is.

Nêrens bepaal die oppergesag dat hulle getrouheid aan hul politieke partye moet beloof nie, hoewel hulle belangrike spelers in ons grondwetlike bestel is.

“Dit beteken in die geval van konflik tussen die handhawing van grondwetlike waardes en partylojaliteit, moet hulle onherroeplik onderneem om die mense te dien en slegs te doen wat in hul beste belang is.

“Dit is so, nie net omdat hulle deur hul partye verkies is om die mense te verteenwoordig nie, maar ook om die mense in staat te stel om deur hulle te regeer ingevolge die Grondwet.

“Ons moet verenig wees teen die smousery van leuens.”

Hanekom het ook sy aandag op die onrus van die afgelope week gevestig.

“Mede-Suid-Afrikaners en Afrikane van oor die kontinent heen is onderworpe aan plundering en stropery deur misdadige boewe. Lewens is verlore. Dit is wat gebeur as valse aantygings gemaak word.

“Ons moet verenig teen die bedreiging van leuens en vrees. Ons welstand en die welstand van ons kinders en kleinkinders is afhanklik daarvan dat ons saamwerk om die land te bou wat in ons Grondwet gevisualiseer word. Soos pres. Cyril Ramaphosa gister (Donderdag) in sy toespraak aan die land gesê het, is dit die tyd dat ons byeenkom om die Suid-Afrika te bou wat ons wil hê, en wat al ons mense so ryklik verdien.”

- News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.