Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ons word slegter as De Klerk behandel, sê Zwane

Talle hoëprofiel ANC-politici het Vrydag die ANC-LP Bongani Bongo by die landdroshof in Kaapstad ondersteun waar hy op ’n aanklag van korrupsie verskyn het.

Bongo, die voormalige minister van staatsveiligheid, het Vrydag gehoor sy verhoor sal na die hooggeregshof oorgeplaas voor.

Die voorverhoor begin op 17 April, met die verhoordatum wat na verwagting vir Augustus bepaal sal word.

Bongo word daarvan beskuldig dat hy ’n parlementêre ondersoek na staatskaping by Eskom in die wiele probeer ry het deur die hoofgetuie te probeer omkoop om met siekteverlof te gaan.

Party van ons word slegter as De Klerk behandel.

Bongo wou nie self met die media praat nie, maar sy kollegas het baie op die hart gehad. Dit sluit Mosebenzi Zwane, voormalige minister van minerale bronne, Joe Maswanganyi, oudminister van vervoer, en die ANC-LP Mervyn Dirks in.

“Ons is bly die saak is uiteindelik hier sodat kameraad Bongo die geleentheid kan kry om sy kant van die saak te stel,” het Zwane buite die hof gesê.

Hy sê sommige ANC-lede word onregverdig behandel, met verwysing na die onlangse opskudding rakende oudpres. FW de Klerk se uitlating dat apartheid nie ’n misdaad teen die mensdom was nie.

Die FW de Klerk-stigting het later om verskoning vir dié stelling gevra.

“Ons voel daar is ’n sekere agenda. Toe daar kwessies oor De Klerk was, het sekere mense hom baie vinnig verdedig en gesê hy het demokratiese regte, maar niemand doen dit vir ons nie,” sê Zwane.

“Ons dink dit is onregverdig. Party van ons word slegter as De Klerk behandel.”

Zwane en die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, het Bongo met sy vorige verskyning in Januarie in die hof kom ondersteun.


Meer oor:  Bongani Bongo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.