Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Onteiening van Akkerland-plase in hof gekeer
Kameelperde op die wildplase van Akkerland-boerdery in Limpopo.

Die onteieningskennisgewing wat in Maart aan die eienaars van Akkerland Boerdery gegee is om twee plase van dié boerdery te onteien, moet teruggetrek word, het die grondeisehof Vrydag gelas.

Die hof het beveel dat Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling, onmiddellik die bevel terugtrek.

Die hof het ook ’n kostebevel teen die minister en die grondeisekommissaris van Limpopo uitgereik.

Die kostebevel is vir die hofverrigtinge op 4 April, asook die tussentydse bevel wat Akkerland Boerdery op 24 Augustus teen die minister verkry het en vir regskoste wat die boerdery tot op 11 September aangegaan het om regsadvies te bekom.

Ander kwessies waaroor die eienaars van Akkerland Boerdery en die minister nog nie ooreengekom het nie, is nie deel van die bevel nie.

Die partye sal weer oor die geskille vergader en die hof het ’n verhoor daaroor onbepaald uitgestel.

Die twee plase, Lukin en Salaita, is ook op die omstrede plaaslys wat deur AfriForum gepubliseer is.

AfriForum, die TLU SA, Solidariteit en Agri Limpopo het Akkerland Boerdery ondersteun. Dié organisasies glo almal dat die onteieningsbevel teen Akkerland Boerdery gebring is omdat daar steenkoolreserwes van R70 miljard onder die grond is.

Nkoana-Mashabane het die bewerings ontken en vroeër in ’n mediaverklaring gesê die onteieningsbevel is uitgereik omdat die staat en die grondeienaars ’n dooiepunt bereik het oor wat billike en regverdige vergoeding is.

Die staat het Akkerland Boerdery R20 miljoen vir die plase aangebied, maar die eienaars glo die plase is R200 miljoen werd.

Johan Steenkamp, een van die eienaars van Akkerland Boerdery, kon nie Vrydag vir kommentaar bereik word nie.


Meer oor:  Akkerland Boerdery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.