Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Ontvoer’-juffrou swaar gevonnis
Tharina Human (links) en Laetitia Nel Donderdagoggend in die hof. Foto: Deaan Vivier

Die voormalige onderwyseres wat die ontvoering van ’n sewejarige meisie van Vanderbijlpark beplan het, is gevonnis.

Tharina Human en haar drie medebeskuldigdes is vroeër die oggend in die hooggeregshof in Palm Ridge, Johannesburg, skuldig bevind.

Al vier het pleitooreenkomste met die staat aangegaan.

Op 'n aanklag van ontvoering is Human 15 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vyf jaar opgeskort is.

Op die klag van poging tot afpersing is sy tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, wat gelyktydig uitgedien sal word.

Laetitia Nel
Laetitia Nel in die hof. Foto: Deaan Vivier

Laetitia Nel is agt jaar tronkstraf opgelê vir ontvoering, waarvan drie jaar opgeskort is.

Sy is ook vyf jaar tronkstraf opgelê vir poging tot afpersing wat gelyklopend uitgedien sal word.

Pieter van Zyl is gevonnis tot 13 jaar tronkstraf vir ontvoering waarvan vyf opgeskort is.

Hy is verder gevonnis tot vyf jaar tronkstraf vir poging tot afpersing wat gelyklopend uitgedien sal word.

Bafokeng Malemohi, die vierde beskuldigde, is op die klag van ontvoering tot 12 jaar gevonnis, waarvan vyf opgeskort is.

Vir poging tot afpersing is hy vyf jaar tronkstraf gevonnis wat gelyklopend uitgedien sal word.

tharina human
Tharina Human word na die selle begelei. Foto: Deaan Vivier

David Mey, Human se regsverteenwoordiger, het gesê sy kliënt toon berou en is “baie jammer” oor die pyn wat sy veroorsaak het.

Salome Scheepers, die staatsaanklaer, het tydens betoë ter verswaring van vonnis beklemtoon die meisie het ná die voorval erge trauma ervaar.

Die meisie se jonger broer is ook volgens Scheepers getraumatiseer omdat Human sy onderwyseres was.

Die meisie (toe ses) is op 2 September 2019 by haar skool ontvoer nadat haar ma haar afgelaai het.

ontvoer
Van links is Tharina Human, Laetitia Nel, Pieter van Zyl en Bafokeng Molemohi. Foto Deaan Vivier

Die beskuldigdes het R2 miljoen van die meisie se pa geëis. Sy is in die vroeë oggendure van 3 September alleen in die straat gelos sonder dat hulle enige geld gekry het.

’n Egpaar het op haar afgekom en na die polisiekantoor geneem voordat sy met haar ouers herenig is.

Haar ouers, wat in Maart vanjaar geskei is, het ook die hofverrigtinge bygewoon.

Albei het in ’n beëdigde verklaring gesê hulle is tevrede met die pleitooreenkomste.

Die pa van die ontvoerde meisie sê hy is bly die saak is verby. 

"Ek glo dat ons met haar kan begin werk en seker maak dat sy op 'n beter plek in haar lewe kom en dat sy die ervaring so gou as moontlik agter haar kan sit. Dat dit 'n gedagte kan wees van 'n paar jaar terug en nie by haar bly spook nie; dat sy weer kan kind wees en haar lewe as 'n normale kind kan geniet. Dat sy nie die vrees sal hê dat sy weer gesteel kan word nie," het die pa ná die hofverrigtinge gesê.

Die ma wou geen kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Tharina Human  |  Vanderbijlpark  |  Gevonnis  |  Ontvoer  |  Juffrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.