Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ontvoerde seksslaaf gered ná sy polisie se aandag trek

’n Man van Milnerton wat van mensehandel aangekla word, het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Die 48-jarige man het glo ’n 25-jarige vrou van Gauteng onder vals voorwendsels na Kaapstad gelok nadat hulle op 9 Junie vanjaar deur ’n vriend op ’n partytjie aan mekaar voorgestel is, sê Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, in ’n verklaring.

Nkwalase sê die twee het die volgende dag na Kaapstad vertrek.

“Met haar aankoms is sy glo in ’n huis in Brooklyn toegesluit en in ’n lewe van dwelms en prostitusie gedwing.”

Die vrou het op 10 Julie alarm gemaak toe sy ’n voertuig van die Kaapstadse metropolisie gewaar terwyl sy op straat gewerk het. Sy is gered en na ’n plek van veiligheid gebring.

Die saak is na die Valke se eenheid teen mensehandel verwys.

Die verdagte is Woensdag by ’n huis in Milnerton in hegtenis geneem.

“Die slagoffer het die oortreder uitgeken,” sê Nkwalase.

Die saak is tot 23 Augustus uitgestel. Die verdagte bly in aanhouding.

Meer oor:  Milnerton  |  Mensehandel  |  Hof  |  Ontvoering  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.