Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Onwettige jag: pastoor, vriende vinnig in hof

’n Pastoor van Pretoria en twee van sy vriende sal vir ’n week agter tralies bly nadat hulle glo probeer het om in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo onwettig te jag.

Past. Nicolus Mgiba (45), Bento Mendose (44) en Zalcbrei Baloyi (28) het Woensdag vlugtig in die landdroshof in Phalaborwa verskyn nadat die polisie in samewerking met die plaaswag in Hoedspruit hulle in hegtenis geneem het.

Die jagmes en byl wat by drie mans gekry is toe hulle glo onwettig wou jag in Limpopo. Foto: SAPD
Die ammunisie waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Mgiba is glo verbonde aan die omstrede past. Sheperd Bushiri se Enlightened Christian Gathering (ECG)-kerk. Die selfverklaarde “profeet” Bushiri en sy vrou, Mary, staan in die handelshof in Pretoria tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die drie mans het Maandagaand glo ook op die polisie geskiet toe hulle voorgekeer is. Dit was nadat die plaaswag en polisie inligting gekry het dat ’n verdagte Toyota Land Cruiser op die R40-pad buite Hoedspruit gesien is. Daar is verskeie wildreservate in die gebied.

Ngoepe sê die polisie het teruggeskiet en een van die verdagtes is gewond.

Hy wou nie sê wie is die man wat gewond is nie. Hy is vir sy wonde behandel en kon Woensdag saam met sy twee medebeskuldigdes in die hof verskyn.

Die polisie het beslag gelê op ’n jaggeweer, ’n knaldemper, vier koeëls, ’n jagmes, ’n byl en die Toyota Land Cruiser. Die polisie vermoed dat die driemanskap op pad was om onwettig te jag,

Hulle sal volgende Woensdag in die landdroshof in Phalaborwa om borgtog aansoek doen.

Die Toyota Land Cruiser waarin die drie mans gery het toe hulle glo by Hoedspruit onwettig wou jag. Foto: SAPD
Die jaggeweer waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD
Meer oor:  Limpopo  |  Hoedspruit  |  Pastoor  |  Vriende  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.