Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oom in hof ná 4 kinders vermoor is

Die oom van vier vermoorde kinders, van wie drie se linkerore in die bloedbad afgesny is, het Dinsdag saam met ’n medebeskuldigde in die hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn.

Ben Mbhele (32) is Vrydag in Port Edward in hegtenis geneem, terwyl Sibongiseni Nyawose (48) Sondag in hegtenis geneem is.

Die Mbhele-kinders, Bandile (12), Lwandile (10), Sphindile (7) en Lwandle (4), is op 2 September verlede jaar vermoor. Hul ma het die oggend op hul lyke afgekom toe sy ná ’n nag uit by die huis opgedaag het.

Mbhele en Nyawose (48) staan tereg op vier aanklagte van moord.

Al die kinders het veelvuldige steekwonde gehad en drie van hulle se linkerore is afgesny.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, sê die motief vir die moorde is onbekend.

Mbhele en Nyawose (48) staan tereg op vier aanklagte van moord. Albei het Maandag die eerste keer in die landdroshof in Ramsgate verskyn.

Nyawose sal Woensdag weer verskyn en Mbhele se saak is tot 22 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Moord-Verhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.