Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Opgespoorde atletiekman in hof

Die polisie ondersoek ’n klag van bedrog teen Allen Barnes, finansiële beampte van die Westelike Provinsie-atletiekvereniging.

Kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die klag is by die Seepunt-polisiekantoor ingedien.

Allen BarnesFoto: Facebook

Barnes is op Vrydag 10 Januarie in Gauteng in hegtenis geneem en het Maandag vlugtig in die hof verskyn.

Hy moet weer op 20 Januarie in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Die polisie het nie bevestig of hy in aanhouding is nie.

Barnes moes op 4 Januarie by ’n padwedloop gewees het wat deur die Stragglers-atletiekklub by die Strandfontein Pavilion aangebied is. Hy was die hooforganiseerder van die wedloop, maar toe hy nie opdaag nie, is hy as vermis aangemeld by die Bothasig-polisiekantoor. Dié soektog is nou deur die polisie gesluit nadat Barnes in Gauteng gevind is. Ingeligte bronne sê Barnes is in Sunnyside in Pretoria opgespoor.

Intussen het die Westelike Provinsie-atletiekvereniging aangekondig ’n spesiale algemene vergadering word op 6 Februarie gehou waar die omstandighede waaronder Barnes verdwyn het, bespreek gaan word.

Die verwydering van Barnes as raadslid van die

atletiekvereniging sal bespreek word, asook ’n stap om Barnes van alle strukture van die WP-atletiekvereniging te herroep.

Meer oor:  Allen Barnes  |  Gevind  |  Vermis  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.