Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Opod sal klaarkom sonder McBride, sê Cele in hofstukke

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) sal sonder sy uitvoerende direkteur, Robert McBride, voortgaan wanneer sy termyn aan die einde van Februarie verstryk.

Robert McBrideFoto: Verskaf

So sê Bheki Cele, polisieminister, in sy hofdokumente wat by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is. McBride het ’n dringende aansoek by die hof ingedien waarin hy die hof versoek om Cele se besluit – om nie sy kontrak as uitvoerende direkteur van Opod te hernu nie – as “ongrondwetlik, onwettig en ongeldig” te verklaar.

Volgens Cele sal ’n waarnemende direkteur ook die werk by Opod kan doen, terwyl die Nasionale Vergadering en die portefeuljekomitees besluit of hulle sy besluit afkeur of ondersteun.

Hy voer ook aan dat McBride selfs welkom is om weer vir dié pos aansoek te doen wanneer dit geadverteer word. Cele het bygevoeg dat McBride sy termyn van vyf jaar sal kan klaarmaak indien sy besluit by die parlement afgekeur word.

Cele het ook McBride se bewering ontken dat hy die portefeuljekomitee verhoed om ’n besluit oor sy toekoms te neem.

In sy verklaring dui McBride aan dat hy geen ander keuse het nie as om die hof oor die aangeleentheid te nader omdat sy termyn op 28 Februarie verstryk.

Volgens hom moet die portefeuljekomitee die geleentheid gebied word om behoorlik hieroor na te dink en dan te bepaal of sy termyn hernu moet word of nie.

“Dit is kritiek belangrik dat die portefeuljekomitee die besluit voor 28 Februarie neem. Indien dit nie gebeur nie sal my termyn tot ’n einde kom weens die minister se onwettige en ongrondwetlike handeling,” meen McBride.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.