Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Onderwyser van Orania in hof op aanklagte van verkragting

’n Proefonderwyser wat na bewering seks met ’n minderjarige kind in Orania gehad het verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof in Hopetown in die Noord-Kaap

Die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, is op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat hy op 23 September in hegtenis geneem is. Hy word van verkragting aangekla.

Volgens Carel Boshoff, voorsitter van die direksie van die Volkskool Orania, waar die man skoolgehou het toe die beweerde misdaad gepleeg is, het vroeër gesê die presiese omstandighede is nie bekend nie.

Boshoff sê hulle het op 16 September van die voorval bewus geword toe lede van die polisie se kinderbeskermingsdienste die skool besoek het nadat hulle ’n klag van kindermolestering ontvang het.

In daardie stadium was die proefonderwyser besig met sy praktiese opleiding in Johannesburg en is hy via WhatsApp gevra om met die hoof van die skool in Orania in verbinding te tree.

’n Brief is aan die man met sy terugkeer na Orania op 21 September oorhandig en hy is twee dae later in hegtenis geneem. Volgens die brief word die man nie op die skoolgronde toegelaat nie en mag hy ook nie kontak met enige van die leerlinge hê nie.

Meer oor:  Hopetown  |  Verkragting  |  Onderwyser  |  Orania  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.