Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Ou’ stropers weer gestraf oor perlemoene
gestroopte perlemoen, perlemoen
Polisielede tel die hoop gestroopte perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Twee mans is vir die stroop van meer as R1,8 miljoen se perlemoene gevonnis, het die Valke Maandag gesê.

Die Valke het Wei Hua Li (29) en Martin Ngale (35) in September in Columbineweg in Rondebosch, Kaapstad in hegtenis geneem toe wetstoepassers op vars en gedroogde perlemoen asook toerusting om dit uit te droog beslag gelê het, het lt.kol. Philane Nkwalase, provinsiale Valke woordvoerder, gesê.

“Dit het ook in die vonnisverrigtinge aan die lig gekom dat albei die mans voorheen by sake van die onwettige besit van perlemoen betrek was, en dat een ten tyde van sy inhegtenisneming op parool was en dat daar ’n saak hangend teen die ander man was wat intussen afgehandel is.”

Ngale is Vrydag in die Wynbergse landdroshof vyf jaar tronkstraf opgelê. Sy medebeskuldigde is ook tot vyf jaar tronkstraf – opgeskort vir twee jaar met streng voorwaardes – gevonnis, asook nog ’n jaar tronkstraf wat hy in ’n ander perlemoensaak opgelê is.

Meer oor:  Kaapstad  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.