Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oud-Bok weer in hof ná voorval in Seepunt
James Dalton in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995.
James Dalton, oud-Springbok, buite die gemeenskapshof in Hatfield, Pretoria, waar hy in 2006 verskyn het.Foto: Deaan Vivier
Die voormalige Springbok-rugbyspeler James Dalton het ná sy rugbyloopbaan ook op die TV-reeks Strictly Come Dancing verskyn. Hier is hy saam met sy dansmaat, Sonja Stanford. Foto: Kenny Pinnoc

Die oud-Springbok James Dalton sal Maandag weer in die hof verskyn – dié keer in Kaapstad weens aanranding, intimidasie en verset teen inhegtenisneming.

Dalton (44), ’n oud-Bok-haker, is Donderdag in Seepunt in hegtenis geneem en die naweek aangehou, waarna hy in die landdroshof in Kaapstad sal verskyn.

Die Wes-Kaapse polisie wou nie Sondag bevestig of Dalton van die aanranding en intimidasie van polisielede of lede van die publiek beskuldig word nie.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig Dalton is weens aanranding, intimidasie en verset teen inhegtenisneming aangekeer.

Sy sê sy kan nie verdere inligting verskaf oor die “meriete van die saak of wie die slagoffers of klaers is nie” omdat Dalton nog in die hof moet verskyn.

Dié rugbyspeler, wat ook in Strictly Come Dancing verskyn het, is al vantevore in hegtenis geneem en het verskeie kere in die hof in Pretoria verskyn.

Rapport berig Dalton het Donderdagaand “stry gekry” met polisielede op die toneel van ’n padongeluk in Hoofweg waarin hy betrokke was.

Hy het na bewering in sy vriendin, Claire Thorne, se “splinternuwe BMW” gery toe die ongeluk gebeur het en is kort ná 20:00 deur die polisie oor die ongeluk ondervra.

“Dalton het hom glo vererg, sy vinger na die polisieman gewys en geskree hy is ’n ‘f****n rassis’,” berig Rapport.

Dalton (wat as “Bullet” bekend staan) was van 1994 tot 2002 ’n Springbok-rugbyspeler en is tydelik geskors nadat hy in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995 in ’n geveg op die veld betrokke was.

In Junie 2010 is berig dat ’n klag van poging tot moord op sy eksvrou, Andrea Dalton, teen hom in die landdroshof in Pretoria teruggetrek is.

Dit het gevolg nadat die voormalige egpaar ’n skikkingsooreenkoms bereik het.

Dalton is daarvan beskuldig dat hy Andrea in November 2007 in Silver Lakes, Pretoria, in ’n bad probeer versmoor het. Hy is ook van aanranding beskuldig.

In 2008 het Dalton ook ’n eis van R1,2 miljoen teen die voormalige minister Charles Nqakula ingedien nadat hy onregmatig in hegtenis geneem is.

Die gemeenskapshof in Hatfield het hom in

2008 vrygespreek op aanklagte van die afvuur van ’n vuurwapen in ’n openbare plek en opsetlike saakbeskadiging.

Hy is daarvan beskuldig dat hy skote op ’n motor oorkant die Menlynpark-winkelsentrum afgevuur het.

In 2001 het News24 ook berig dat Dalton en sy swaer van drie klagte van aanranding beskuldig is nadat hulle glo ’n sakeman van Meyerton en sy gesin aangeval het.

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/bullet-in-tjoekie-en-in-trane-na-bekgeveg-in-seepunt-20170225

http://www.sport24.co.za/rugby/dalton-back-in-court-20100226-2

http://www.news24.com/xArchive/Archive/Civil-claim-against-Dalton-20010110

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/bullet-in-tjoekie-en-in-trane-na-bekgeveg-in-seepunt-20170225

http://www.sport24.co.za/rugby/dalton-back-in-court-20100226-2

http://www.news24.com/xArchive/Archive/Civil-claim-against-Dalton-20010110

Meer oor:  Strictly Come Dancing  |  Springbok  |  Rugby  |  Seepunt  |  James Dalton  |  Motor  |  Hof  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.