Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oud-DA-raadslid moet Trollip R250 000 betaal oor laster

Die ANC en ’n voormalige DA-lid se bewerings dat hy ’n rassis is wat sy werkers se menseregte vertrap, was ’n vieslike smeerveldtog teen hom, sê Athol Trollip, die DA se federale voorsitter en voormalige burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro.

Athol Trollip meen geregtigheid het geskied.

Knight Mali, ’n voormalige DA-raadslid, is Dinsdag in die hooggeregshof in Makhanda (Grahamstad) gelas om R250 000 in skadevergoeding aan Trollip te betaal.

Die hof het bevind Mali het Trollip se reputasie skade berokken deur leuens oor hom te versprei.

Mali en ’n voormalige ANC-raadslid, Lawrence Troon,

het die bewerings oor rassisme en die vertrapping van menseregte in 2015 gemaak.

Hulle het hul aantygings probeer staaf met verklarings van mense wat beweer het hulle het vir Trollip gewerk. Die verklarings is egter nie deur die sogenaamde werkers onderteken nie.

Troon het Trollip vroeg in 2018 om verskoning gevra en het sy stellings onvoorwaardelik teruggetrek, maar Mali het voet by stuk gehou.

Regter Sindile Toni het in sy uitspraak gesê die aantygings het Trollip uitgebeeld as iemand wat nie respek het vir menseregte nie.

Trollip sê die smeerveldtog het hegte verhoudings wat hy met sy werkers gehad het, vernietig.

“Dit is waarmee die ANC en sy handlangers goed is, om alles in hul pad te vernietig om mag te bekom, of om dit te behou.

Knight Mali is ’n voormalige DA-raadslid.

“Die uitspraak is ’n waarskuwing aan mense wat dink hulle kan net doen en sê wat hulle wil, sonder enige gevolge.”

Mali se eis van R1 miljoen omdat Trollip na hom as ’n wolf in skaapsklere verwys het, is van die hand gewys.

Die hof het ook gelas dat Mali die regskoste moet betaal.

* Nontuthuzelo Jack, ’n voormalige DA-aktivis, is in September in die landdroshof in Port Elizabeth skuldig bevind aan naamskending nadat sy Trollip valslik daarvan beskuldig het dat hy haar omkoopgeld aangebied het om voor die verkiesing in 2016 smerige inligting teen Veliswa Mvenya, voormalige provinsiale hoof van die DA, op te diep.

Meer oor:  Da  |  Athol ­Trollip  |  Laster  |  Raadslid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.