Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oud-modelbaas hoor straf op 13 Oktober
Dawie de Villiers Foto: Cornél van Heerden

Die voormalige modelbaas Dawie de Villiers wat skuldig bevind is op 26 aanklagte, onder meer verkragting van ’n kind, sal nog ’n ruk moet wag voordat hy hoor wat sy lot is. Die regter wat die saak aanhoor, moes Donderdag ’n ander dringende saak aanhoor.

De Villiers sou Donderdag voor regter Cassim Moosa verskyn, maar sy saak is tot 13 Oktober vir vonnisverrigtinge uitgestel.

Sy borgtog is verleng.

De Villiers is in Februarie skuldig bevind op 26 aanklagte, onder meer verkragting van ’n kind, seksuele aanranding en bedrog.

De Villiers, geklee in ’n pak, het Donderdag in ’n leë hofsaal in die hooggeregshof in Johannesburg saam met sy regsverteenwoordigers gesit en wag.

Sy vonnisverrigtinge is reeds ’n paar keer uitgestel nadat sy verhoor in Augustus 2015 begin het.

Die hof het met sy skuldigbevinding bevind dat De Villiers ’n swak getuie was en dat sy weergawe van die gebeure vol weersprekings was.

De Villiers het tydens sy verhoor aangevoer dat staatsgetuies gejok het en met M-Net se Carte Blanche-program saamgesweer het om sy reputasie en sy modelagentskap skade te berokken.

Meer oor:  Dawie De Villiers  |  Hofsaak  |  Straf  |  Kinderverkragting  |  Vonnisoplegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.