Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oud-musiekstudent in hof ná tjello verdwyn
Frederick Fourie speel hier op sy Italiaans vervaardigde tjello wat hy reeds van 1968 het. Hier is hy saam met Tilla Henkins. Hy speel reeds 51 jaar op dié tjello. Foto: Daphney Teffo

’n Voormalige musiekstudent van Parkwes in Bloemfontein het weens die diefstal van die waardevolle tjello van prof. Frederick Fourie, oudrektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein, in die landdroshof in die stad verskyn.

Die polisie het Xabiso Ndleneni (26) en die tjello, wat intussen swart gespuitverf is, verlede week opgespoor nadat hy dit glo teen R6 000 op Facebook probeer verkwansel het. Die tjello is glo in ’n studentehuis in Parkwes gekry.

Landdros Ryan Ishmail het Ndleneni se verhoor tot volgende week uitgestel. Hy is in aanhouding en sal waarskynlik om borgtog aansoek doen.

Die Italiaans vervaardigde Enzo Lassi-tjello was 51 jaar lank Fourie se eerste en enigste tjello.

Xabiso Ndleneni (26)
Xabiso Ndleneni (26)

‘‘Ek het dit in 1968 gekry toe ek in st. 8 in Grey College was,” het hy vroeër gesê.

Sy oorlede ma het dit aan hom as geskenk gegee.

Hoewel die tjello se waarde in die polisiedossier op R50 000 geraam word, het Fourie vroeër gesê dit kan baie meer werd wees.

Dit is ná ’n uitvoering van die Vrystaatse Simfonieorkes in September verlede jaar in die Odeion-teater op die kampus van die UV gesteel.

Fourie was ’n gasheer op ’n geselligheid ná die konsert en hy het sy tjello agter die verhoog gelos waar al die musici gewoonlik hul instrumente uit- en inpak.

Hy het besef dit is weg toe hy sien sy groot, harde swart tjellokis is skoonveld.

tjello
Een van die foto's wat op Facebook geplaas is waarin die tjello vir R6 000 geadverteer word.

Fourie, voorsitter van die orkes, het die tjello reeds gehad toe hy jare gelede een van die stigters van die orkes was.

’n Kollega en vriend, Arend Brink, het hom verlede week van die advertensie vertel. Hoewel dit geverf is, het Fourie sy tjello dadelik herken.

Die tjello en die verdagte is gou met die hulp van die Parkweg-polisiekantoor se opsporingseenheid gevind.

Adv. Tumelo Ramatlakane kla aan.

Meer oor:  Hof  |  Enzo Lassi-Tjello  |  Tjello
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.