Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oud-polisiekaptein wat kleinkind verkrag, kry lewenslank

’n Voormalige polisiekaptein wat sy 10-jarige kleindogter sowat 18 jaar gelede verkrag het, is lewenslank tronk toe gestuur.

Die 78-jarige man se naam word weerhou om die identiteit van die slagoffer te beskerm.

Die man is Donderdag in die landdroshof in Sterkspruit in die Oos-Kaap gevonnis.

Die hof het die slagoffer (nou 28) se weergawe van die gebeure in 2002 duidelik en voldoende gevind, lui ’n verklaring van Luxolo Tyali, ’n woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap.

Die slagoffer het glo vroeër die verkragting by haar ouma aangemeld, maar is as ’n leuenaar uitgemaak en daarvoor gestraf.

Die slagoffer het dieselfde dag nog haar ouma daarvan vertel, maar is as ’n leuenaar uitgemaak en met ’n stok geslaan toe haar oupa die aantygings ontken.

Die verkragtingsaak is eers in November 2016 by die polisie ingedien.

Gedurende die verhoor het die hof gehoor hoe die verkragting in 2002 in die Ntabemhlophe-nedersetting in die Sterkspruit-distrik gebeur het.

Volgens die slagoffer was haar oupa as polisielid in die Vrystaat gestasioneer. Hy het met een van sy besoeke aan sy tuiste in dié nedersetting al sy kleinkinders met ’n bakkie geneem om sy ouers se huis in dieselfde nedersetting aan hulle te wys.

Met hul aankoms was niemand tuis nie, maar die huis se deure was oop.

Terwyl die res van die kleinkinders buite gespeel het, het die meisie se oupa haar na binne geroep en verkrag.

Die slagoffer het dieselfde dag nog haar ouma daarvan vertel, maar is as ’n leuenaar uitgemaak en met ’n stok geslaan toe haar oupa die aantygings ontken.

Volgens Tyali het die man skuld ontken en aangevoer die slagoffer maak die voorval op uit woede oor ’n voortslepende familietwis.

Die hof het in die slagoffer se guns bevind, asook dat die man sy vertrouensverhouding met die kind misbruik het en dat hy gefaal het in sy plig om die kind te beskerm as haar oupa én ’n polisiebeampte.

Die hof het verder geen dwingende en wesenlike omstandighede gevind om van die minimum voorgeskrewe vonnis van lewenslank af te wyk nie.

Tyali sê die NVG verwelkom die vonnis en hoop dit sal ander verkragtingslagoffer aanmoedig om na vore te kom, selfs al het die voorval nie onlangs gebeur nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.