Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oud-polisieklerk tronk toe vir korrupsie

’n Voormalige klerk by ’n Oos-Kaapse polisiekantoor wat R3 000 aanvaar het om ’n vrou se misdaadgeskiedenis uit te wis, is Dinsdag vir vyf jaar tronk toe gestuur.

Die vonnis in die streekhof in Mthatha volg nadat die polisie meer as vier jaar gelede ’n lokval vir Nontsikelelo Mancoba (47) gestel het om haar korrupte gedrag te ontbloot.

Mancoba, wat as ’n klerk vir die polisie in Mthatha by die vingerafdruk-afdeling gewerk het, is volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) op 20 Augustus 2015 deur ’n vrou benader met ’n navrae oor hoe om ’n misdaadrekord te laat skrap.

Die vrou wou blykbaar aansoek doen vir ’n werk as veiligheidswag, maar sou weens haar vorige veroordelings nie aangestel word nie.

Volgens Luxolo Tyali, NVG-streekwoordvoerder in die Oos-Kaap, het Mancoba die situasie uitgebuit deur R5 000 te eis vir “skoon vingerafdrukke”.

Die vrou het egter gesê sy het nie toegang tot die groot bedrag geld nie, waarna Mancoba die prys tot R3 000 verminder het.

Die vrou het intussen besluit om die voorval by die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad aan te meld.

Tyali sê ’n lokval is ingevolge art. 252(A) van die Strafproseswet saamgestel en gemerkte geld is aan die klaer gegee om aan Mancoba te oorhandig.

Die oorhanding het in die toilette op die 11de verdieping van die polisiekantore se gebou plaasgevind.

Kort nadat Mancoba die geld in besit geneem het, het die polisie toegeslaan en haar in hegtenis geneem.

Ondanks beeldmateriaal wat aan die hof beskikbaar gestel is van die oomblik wat Mancoba die geld ontvang het, het Mancoba gedurende die verhoor skuldig ontken en gesê sy het nooit die geld in besit geneem het.

Adv. Mtutuzeli Rangula, staatsaanklaer, het egter die hof van haar skuld oortuig, waarna landdros Sizakele Sihlahla vir Mancoba aan korrupsie skuldig bevind het.

“Korrupsie en misdade van oneerlikheid deur amptenare in die staatsdiens het een van die ernstigste bedreigings vir ons land se welstand geword. Dit moet gesien word as ’n pandemie wat drastiese pogings vereis om te bestry,” het Rangula gesê. Hy het die hof vir ’n vonnis van direkte tronkstraf gevra.

Die verdediging het aan die hof gevra om eerder ’n boete as vonnis op te lê, maar Sihlahla het met die staat saamgestem en Mancoba tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

Meer oor:  Omkopery  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.