Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oud-polisieman in tronk wéér aangekla

’n Veroordeelde oudpolisielid van Port Elizabeth wat tans tronkstraf van ses jaar uitdien, is weer in die beskuldigdebank, dié keer op ’n moordklag.

Walter Francis (33), wat voorheen aan die Humewood-polisiekantoor verbonde was, is verlede jaar gevonnis nadat hy aan strafbare manslag skuldig bevind is in verband met die dood van Denton Rademeyer.

Walter Francis in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

Sy polisievuurwapen is in dié moord gebruik.

Francis en sy medebeskuldigdes, Wayne Wabanie en Shamiel Gallant, staan nou in die hooggeregshof in Port Elizabeth tereg op aanklagte van moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Die staat beweer die beskuldigdes het Alex Nico Ferreira op 21 Februarie 2017 in Bethelsdorp vermoor.

Ferreira was ’n staatsgetuie teen Francis in die Rademeyer-moordsaak.

Ferreira het kort nadat Rademeyer in 2014 geskiet is, by sy suster in Durban gaan woon. Hy het in Desember 2015 teruggekeer na Port Elizabeth.

Tussen Desember 2015 en Februarie 2017 het die beskuldigdes saamgesweer om Ferreira te vermoor, beweer die staat.

Francis het Wabanie en Gallant na bewering in sy motor geneem na die plek waar Ferreira doodgeskiet is. Wabanie en Gallant het glo die skote afgevuur.

Francis het Dinsdag die getuienis van ’n staatsgetuie, wat hom op die Ferreira-moordtoneel plaas, betwis.

Sy prokureur, adv. Terry Price, het afskrifte van Francis se selfoonrekords van die moorddag in die hof voorgelees.

Volgens dié rekords was Francis se selfoon in die omgewing van Gelvandale, Algoa Park en Sentraal, en nie naby die moordtoneel nie.

Francis het getuig hy het op die dag van die moord eers kort voor of net na 20:00 by die huis aangekom.

Hy ontken enige betrokkenheid by die moord.

Die saak duur voort.

Meer oor:  Walter Francis  |  Port Elizabeth  |  Hof  |  Aangekla  |  Strafbare Manslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.