Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oud-raadslid van ANC mag nie teen vonnis appelleer

’n Voormalige ANC-raadslid van Oudtshoorn wat ’n huurmoord op haar man uitgevoer het, se aansoek om teen haar skuldigbevinding en vonnis te kan appelleer is van die hand gewys.

Regter Robert Henney het Magdaleen Titus (44) in Maart in die rondgaande hooggeregshof in Oudtshoorn lewenslange tronkstraf opgelê nadat sy aan die huurmoord op haar man, stafsers. Preston Titus, skuldig bevind is. Daar is bevind sy het die moord haarfyn beplan omdat sy van hom ontslae wou raak.

Magdaleen Titus Foto: Argief

Titus is op 29 November 2019 op die aanklagte skuldig bevind.

Haar man se lyk is op 2 Desember 2017 met steekwonde in ’n slaapkamer in die egpaar se huis by die infanterieskool in Oudtshoorn gekry. Hy is met ’n hamer en ’n mes vermoor.

Daar was geen gedwonge toegang tot die huis nie.

Titus en haar medebeskuldigdes, Justice Mooi (30), Natasha Stuurman (38) en Masithembe January (23), is aangekla van moord met voorbedagte rade en regsverydeling. Al vier het skuld ontken.

Titus en Mooi is aan moord en regsverydeling skuldig bevind. January en Stuurman is onskuldig bevind op die aanklagte teen hulle omdat geen bewyse bestaan dat hulle deel van die beplanning van die moord was nie.

Mooi is ook ’n lewenslange vonnis opgelê.

Titus se voormalige motorbestuurder, Sixabiso Klip (23), is reeds in Januarie 2018 in die streekhof tot 15 jaar tronkstraf vir sy aandeel in die moord gevonnis.

Klip het vroeër getuig Titus wou ontslae raak van haar man en het ’n verhouding met January en ander mans gehad.

Titus het in haar aansoek aangevoer die hof het die getuienis van die hoofstaatsgetuie, Klip, net so aanvaar en dat die hof nie genoeg waarde daaraan heg dat sy ’n eerste oortreder is en twee jong dogters het nie.

Henney het egter gesê daar was genoeg stawing vir Klip se getuienis.

Oor die vonnis het hy benadruk dat dit ’n beplande moord was wat oor ’n tydperk beplan is, en die howe beskou huurmoorde as baie ernstig.

Hy het die aansoek van die hand gewys en gesê geen redelike vooruitsig bestaan dat ’n ander hof tot ’n ander bevinding sou kom nie.

Preston sou in Februarie sy 50ste verjaardag vier.

Meer oor:  Preston Titus  |  Magdaleen Titus  |  Oudtshoorn  |  Man  |  Oud-Raadslid  |  Huurmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.