Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oud-vlootlid wat glo vriendin aanval, kry borgtog

’n Voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Vloot wat in hegtenis geneem is nadat hy na bewering sy vriendin vyf keer met ’n mes gesteek het, is Donderdag op borgtog vrygelaat.

Die landdroshof in die Strand het bevind Carlo Loubser (47) is nie ’n vlugrisiko nie.

Die staat en die ondersoekbeampte het nie borgtog teengestaan nie.

Die hof het gehoor dat Loubser sy 27-jarige vriendin op 27 Februarie vanjaar vyf keer met ’n mes gesteek het terwyl sy geslaap het. Hulle was uit Centurion op besoek aan die Kaap.

Menko Hoeksema, Loubser se regsverteenwoordiger, het in die borgtogaansoek gesê sy kliënt, ’n wewenaar, beoog om skuld op die aanklag van poging tot moord te ontken.

Hoeksema sê Loubser se verhouding met die klaer “was een van ’n vriendin wat hy onlangs ontmoet het”.

“Hy onderneem om nie met haar of ander getuies kontak te hê nie. Hy is nie ’n vlugrisiko nie, met al sy familiebande in Gauteng. Hy het ook geen hangende sake of vorige veroordelings nie,” het Hoeksema gesê.

Loubser is op borgtog van R5 000 vrygelaat en die saak is tot in April uitgestel vir verdere ondersoek.

Hoeksema het bevestig dat die verdediging, in opdrag van Loubser, private speurders aangestel het om ook die voorval te ondersoek.

* DistriksPos het vroeër berig dat Loubser, die vriendin, haar suster, broer en dié se meisie, in Februarie Kaapstad besoek het. Loubser en die vriendin was nog nie lank ’n paartjie nie.

Aanvanklik het hulle hulself besig gehou met onder meer skubaduik.

Loubser het na bewering “aggressief” geraak en die groepie het een oggend sonder hom uitgegaan. Hy het in hul hotel in Gordonsbaai agtergebly.

Na bewering het hy daardie nag wakker geskrik toe sy vriendin bebloed die kamer binnegestorm het..

Die hotelpersoneel het die polisie ontbied en Loubser is in hegtenis geneem. Sy vriendin is in die hospitaal opgeneem.

Meer oor:  Aanval  |  Borgtog  |  Mes  |  Gesteek  |  Vriendin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.