Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oud-werker gevonnis ná hy SAUK bedrieg

’n Voormalige werknemer van die SAUK is Woensdag in die Bellville-handelshof gevonnis nadat sy verhoor sedert 2013 gesloer het.

Die saak teen Thembani Mazaleni (43) het aanvanklik in 2013 in die handelshof begin en hy is eers vroeër vandeesmaand op twee aanklagte van bedrog skuldig bevind. Hy is op 74 aanklagte van afpersing vrygespreek.

Luidens die klagstaat woon hy in Milnerton en het hy as ’n rekeningbestuurder by die SAUK gewerk.

Die klaer in die saak, Albertina Jaxa, het ’n onderneming bedryf wat hoofsaaklik vertaalwerk vir die SAUK gedoen het. Mazaleni het betaling vir fiktiewe fakture van altesaam R43 080 van die SAUK geëis.

Hy het onderskeidelik op 18 Januarie 2010 en 13 Julie 2010 die fakture uitgereik vir “werk” wat gedoen is.

Die SAUK het op die onderskeie datums R20 600 en R22 480 uitbetaal. Mazaleni het egter die betalings gehanteer en het die geld verduister.

Jaxa het in werklikheid nie hierdie werk vir die SAUK gedoen nie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging (DOV), het gesê Mazaleni is ’n boete van R20 000 of twee jaar gevangenisstraf opgelê. Hy is ’n verdere vier jaar gevangenisstraf opgelê, wat in geheThembani Mazaleni el vir vier jaar opgeskort is.

Meer oor:  Sauk  |  Afpersing  |  Bedrog  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.