Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oudbevelvoerder wéér vir korrupsie gevonnis

Colin Govender (50), voormalige bevelvoerder van die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor, het skuld beken en is gevonnis op aanklagte van korrupsie weens ’n korrupte verhouding wat hy met ’n vermeende sleutelfiguur in die Kaapse onderwêreld gehad het.

Colin Govender voor sy eerste hofverskyning in die landdroshof in Goodwood in April 2015. Foto: Nasief Manie

Luidens die vonnisooreenkoms het hy skuld beken op 51 aanklagte van korrupsie, asook ’n aanklag van dwarsboming van die gereg deurdat hy sy kollegas verhinder het om hul pligte uit te voer.

Hy is Maandag in die streekhof in Kaapstad gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf, waarvan vier en ’n half jaar opgeskort is. Hy sal dié vonnis gesamentlik met die ander tronkstraf wat hy reeds opgelê is, uitdien.

Govender het gereelde betalings van altesaam R146 600 van Nafiz Modack, ’n vermeende sleutelfiguur in die Kaapse onderwêreld, en sy ma, Ruwaida, ontvang.

Dit was in ruil vir spesiale behandeling en gunste. Dit sluit in dat die Modacks Govender se naam kon gebruik om polisielede te beïnvloed en om polisiehulpbronne te gebruik om voertuie te vervoer.

Govender was die stasiebevelvoerder vanaf Februarie 2012 tot April 2015.

Modack was in daardie tyd die eienaar van AMG Auto cc. Hy het volgens die pleitooreenkoms vir Govender gebruik om sy persoonlike en sakebelange te bevorder, waarvoor hy Govender beloon het.

Benewens die vonnis vir korrupsie is Govender ook verlede jaar skuldig bevind op ander aanklagte van korrupsie. Govender het toe ook skuld beken en is tot ses jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is. Hy dien steeds dié vonnis uit.

Sy medebeskuldigdes in dié saak was Arno Lamoer, voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, brig. Sharon Govender, asook brig. Darius van der Ross en die sakeman Salim Dawjee.

Al vyf die beskuldigdes het aanvanklik skuld op 109 aanklagte wat onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery insluit, ontken.

Almal behalwe Sharon het toe hul pleit verander en is gevonnis. Sy is uiteindelik onskuldig bevind op al die aanklagte teen haar.

Meer oor:  Colin Govender
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.