Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oudhoë van Valke kry tronkstraf oor korrupsie

’n Voormalige adjunkhoof van die Valke is Dinsdag tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan korrupsie omdat hy geld van ’n gesin gevra het om ’n dossier oop te hou.

Brig. Simon Mzayifani Madonsela is in die gespesialiseerde handelshof in Durban gevonnis in verband met twee aanklagte van korrupsie ter waarde van R28 000.

Madonsela se eenheid het aanvanklik ondersoek ingestel na die verdwyning van ’n vrou, maar die dossier is gesluit. “Madonsela het toe die gesin van die vrou genader en gesê dat hy R40 000 van hulle benodig om te verseker dat die dossier oop bly,” het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal, gesê.

Madonsela het aan die gesin gesê dat die dossier sy deurlopende aandag sou kry, hoewel dit reeds gesluit was. Die gesin het Madonsela R25 000 gegee en later ’n verdere R3 000. Hulle het uiteindelik gefrustreerd geraak en ’n klag teen hom ingedien.

Madonsela het toestemming gekry om teen sy skuldigbevinding te appelleer wat Vrydag aangehoor sal word.

• In ’n afsonderlike voorval het die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ’n polisiekonstabel Woensdag in Soweto in hegtenis geneem nadat hy op 30 November na bewering ’n vrou by die polisiekantoor in Kliptown verkrag het.

Volgens Sontaga Seisa, waarnemende nasionale woordvoerder van Opod, het die konstabel ’n bedrag van R1 500 van gesinslede aanvaar om die vrou nie in ’n aanhoudingsel toe te sluit nie. “Die konstabel wou ondanks die omkoopgeld nog geld by die gesin hê. Hy het toe die vrou na bewering verkrag,” het Seisa gesê.

Die konstabel sal Vrydag in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn.

Meer oor:  Hof  |  Korrupsie  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.