Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oudleraar in hof ná hy glo hond skiet

’n Afgetrede predikant en boer van Hobhouse het in die hof verskyn op aanklagte van aanranding, die rig van ’n vuurwapen en kwaadwillige saakbeskadiging.

Sers. Martin Xuma, ’n polisiewoordvoerder, sê ds. Piet le Roux (66) is Donderdag in hegtenis geneem ná ’n konfrontasie tussen hom en vyf mans wat glo op ’n buurplaas gejag het.

Die mans beweer hulle het met hul honde op die plaas Klipfontein gejag toe Le Roux hulle aanval.

Klipfontein behoort aan die plaaslike gemeenskap.

Le Roux het glo een van die honde geskiet en een van die mans aangerand. Hy sou ook sy vuurwapen op hulle gerig het.

Die mans het volgens ’n ingeligte die polisie op Thaba Nchu gebel, wat Le Roux in hegtenis geneem het.

Le Roux, wat met skape boer, is na bewering aangesê om R40 000-skadevergoeding vir die hond te betaal.

Die polisie van Hobhouse, in wie se gebied die voorval plaasgevind het, het tussenbeide getree en Le Roux is op waarskuwing vrygelaat.

Xuma sê Le Roux het op sy beurt klagte van betreding, onwettige jag en poging tot roof gelê.

Le Roux sê die mans was op sy eiendom en het probeer om sy vuurwapen by hom af te neem.

Die polisie ondersoek tans die voorval en sal die dossiere na die hof neem vir ’n beslissing oor vervolging.

Meer oor:  Ds. Piet Le Roux  |  Sers. Martin Xuma  |  Hobhouse  |  Thaba Nchu  |  Skietery  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.