Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oudlid van metropolisie van Ekurhuleni later gevonnis

Die vonnisoplegging van Adam Cummings, ’n gewese senior metropolisielid van Ekurhuleni in Gauteng, wat reeds in 2019 aan die verkragting van twee kinders skuldig bevind is, is Vrydag weer uitgestel.

Foto ter illustrasie Foto: Verskaf

Die hooggeregshof in Johannesburg het die vonnisoplegging van Cummings en sy medebeskuldigde, Tebogo Maregele, op aanklagte van verkragting en mensehandel tot 5 Maart uitgestel, het Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), Vrydag gesê.

Volgens Cola het regter Ratha Mokgoatlheng dit uitgestel omdat Cummings se regsverteenwoordiger nie die hofverrigtinge bygewoon het nie.

Die verhoor het reeds op 18 Junie 2018 begin, en Cummings en Maregele is reeds op 20 Mei 2019 skuldig bevind.

“Die regter het benadruk dat dit die laaste keer is dat die saak uitgestel gaan word,” het Cola gesê.

Cummings het twee meisies van onderskeidelik nege en 15 jaar oud in 2015 verkrag. Hy is skuldig bevind op drie aanklagte van verkragting (een van die negejarige en twee keer van die 15-jarige), asook op ’n aanklag van mensehandel omdat hy ’n kind onder valse voorwendsels weggelok het.

Maregele is as medepligtige in die verkragting van die negejarige asook aan twee aanklagte van die seksuele uitbuiting van kinders vir finansiële gewin skuldig bevind.

Meer oor:  Ekurhuleni  |  Metropolisie  |  Vonnisoplegging  |  Verkragting  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.