Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oudmotorbestuurder getuig binnekort in Titus-verhoor

Sixabiso Klip, voormalige motorbestuurder van Magdaleen Titus, ’n ANC-raadslid van Oudtshoorn wat teregstaan op aanklag van moord op haar man, stafsers. Preston Titus, op 1 Desember 2017, sal na verwagting Maandag in die rondgaande hof op Oudtshoorn getuig.

Preston Titus Foto: Verskaf

Titus en nog drie, Justice Mooi (30), Natasha Stuurman (38) en Masimthembe January (23), word aangekla van moord met voorbedagte rade en regsverydeling.

Preston Titus se lyk is op 2 Desember 2017 met steekwonde op ’n vloer van ’n slaapkamer van sy huis by die Infanterieskool op Oudtshoorn gevind. Daar was geen gedwonge toegang nie.

Klip (23) is reeds op 19 Januarie 2018 in die streekhof op Oudtshoorn 15 jaar tronkstraf opgelê. In Klip se pleitooreenkoms het hy Titus as die “baasbrein” van die moord op haar man uitgewys.

Selfoonrekords van die beskuldigdes is vandeesweek nagegaan.

Mariette Hurst, staatspatoloog, het vroeër vandeesweek getuig Preston is dood weens bloedverlies. Hy het onder meer steekwonde aan sy rug, gesig, en tong gehad. Die wonde is vermoedelik toegedien met ’n Okapi-mes en ’n hamer.

Maandag het ’n ondersoek ter plaatse by die eertydse woning van die Titus-egpaar plaasgevind.

January, Stuurman en Titus se borgtog is verleng. Mooi is vroeër borgtog geweier en bly in aanhouding.

Meer oor:  Preston Titus  |  Oudtshoorn  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.