Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ouers eis R4,4 m. ná babaseun voet verloor

’n Egpaar eis R4,4 miljoen in die hooggeregshof in Bloemfontein nadat hul babaseuntjie se linkervoet 13 dae ná sy geboorte in ’n private hospitaal in Bloemfontein afgesit is.

Drs. Elmarie Murphy en Christiaan Frederick Beyers, twee pediaters, die praktyk Drs. Snyman, Reyneke, Beyers, Neser en Murphy in Bloemfontein, en die Life Healthcare Group staan die eis van Stephan en Denita Grobler van Secunda teen.

Die Grobler-egpaar het die eis ingestel nadat hul seuntjie, Jacobus, op 2 Junie 2011 op 30 weke met ’n keisersnee in die Life Rosepark-hospitaal gebore is.

Ná sy geboorte is Jacobus in die neonatale eenheid opgeneem omdat hy vroeg gebore is.

Luidens die eis is ’n drup vyf dae ná sy geboorte in Jacobus se linkervoet geplaas.

Uit die hofstukke blyk dit dat eers Murphy en daarna ook Beyers hom behandel het.

Die verpleegkundiges het later gesien sy linkervoet lyk bleek en dit was moeilik om bloed deur die drup te trek.

Later het sy linkerbeen blou geraak, terwyl die voet wit was. Op 12 Junie was die been pers. Die volgende dag was die voet koud en het dit geen polsslag gehad nie.

Die dag daarna het ’n ortopediese chirurg gesê die been moet afgesit word.

Op 15 Junie is sy been onder die knie afgesit.

Luidens die eis is Jacobus verstandelik drie jaar agter ander kinders en het hy ’n spastiese linkerhand, waarskynlik omdat hy vroeg gebore is.

Luidens die eis was die verweerders nalatig en daarom is die voet afgesit.

Vir toekomstige mediese koste word R2 miljoen, vir verlies aan inkomste R900 000 en vir algemene skade R1 miljoen geëis.

Vir die oprigting van ’n trust vir Jacobus word ’n verdere R500 000 geëis.

Die verweerders moet nou hul verweerstukke indien.

Meer oor:  Hof  |  Amputasie  |  Skadevergoeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.